Vrydag 29 Mei 2015

Zzz....sleep

Ek wens ek kon so vinnig slaap eks seker hierdie brakkie slaap maklik 20 keer n dag !

En hy slaap so maklik...

Potlood smiley jealous gesiggie

Donderdag 28 Mei 2015

Ek train die HOND,wat 'n BREEZE

In een van my vorige posts het ek gemention dat ek nou ons hond train. TUSSEN deur alles en wat nog gebeur.

Die een wat die "turbo" agtige moves maak met sy agter lyf. In die oggende vanaf 04:30 wanneer manlief opstaan tot wanneer my seuntjie skool toe gaan het hy hierdie boud swaai move wat hy doen oor hy so VREESLIK EXCITED is om iemand te sien. Hy slaap in die sitkamer, as iemand gewonder het....So die turbo agter in sy lyf CHARGE OP en dan hol hy mal rond so happy om mense te sien. ha ha ha

Ons het nogal oorweeg om hom Turbo te noem ook maar toe ooreengestem op 'n ander naam.

So mens kan letterlik nerens heen as jy eweskielik 'n puppy het nie en saam piekel het ons ook nou al so drie kere getry. Dit werk nie so lekker nie, so hy moet getrain word om buite asem te haal...want hy sal nie omkap nie.

My man sê die ander dag "sien jy Engel as jy 'n baba (MENS) het dan kan mense nie sê jy mag nie kom kuier nie want mense is welkom babas en al.....maar as daardie baba 'n HOND is......woooowhhhh draai die brieke vas. My hond gaan joune byt, waar gan die hond slaap? Eauww Eaaauw gaan jy in die aande na luister, of die hond gaan die sakke in spring...(ja hy het dit actually gedoen hyt binne die punt van 'n swartsak geskeur en daar ingeklim. Groossssssssem

So nou train ek die klein gedierte om bietjie buite te bly....wat 'n misson. Hy Howl(weet nie hoe spel mens dit nie) letterlik as hy net 'n toe deur waag sien. Die deur moet oop wees en die son moet iewers wees en daar sal jy die hond ook kry. 

Die son ding is nogal funny, hy skuif die hele huis rond en hy is NET daar waar die son ook is. Hy kyk my met sulke sad puppy ogies uit as ek die deure toe trek en hy kan baie duidelik sien daar is son. Dan wag hy vir die son in die sitkamer, selfs 'n gleufie son teen die kas en hy sal sy nek ruk en rek en hy sal sy snoet salig in die son bak. 

Training; 2 uit 10 vir my want hyt letterlik net twee ure buite gebly voor ek die deur weer oopgemaak het.

Dis nie dat hy nie buite gaan en so nie, die deur moet net nie ook TOE wees nie en wat bedoel dit? Dit FRIECKEN meen ons kan nie winkel toe ry nie of hy gaan KEEL opsit....."Ah hawwwl"(dai huil geluid julle weet seker wat hier try sê)

Vanoggend ek hom sommer vroeg uit gevat want hyt 'n ROOI potlood van my kind ontdek iewers....(wonder waar?) en my hele sitkamer mat versier met die stukkies potlood.

Wat ek ook agtergekom het is die hond BOL elke keer op presies maar presies dieselfde spot. Ek sukkel om dieselfde spot te onthou so partykeer is my koerant lykmy nie eksie perfeksie daar nie. Hoe die blerrie hond in die aande (wel ogg ure.,...ek hoor mos as daardie klein potjies op die koerante hol) sien hoe weet hy dis presies...sy SPOT. Die vet weet, ek moet 'n huis kry met 'n mini deurjtie vir die mini brakkie om sy BOL buite te gaan los!

My man was reg toe hy gesê het die HONDJIE sal nuwe OPWINDING bring sodra hy by ons is....opwinding...opwerking....selfde ding. ha ha

Ag maar hy is oulik en hy is liefdevol en dis darem soort van 'n ou maatjie vir my seuntjie.

*Skole dinge steeds 'n kopseer*Nuwe Werks aanbod-verby*Cv's uit-Yes!* Blou-grys stres week die-ongoing.,..

Potlood smiley tongetjie uit, strepie trek ogies,

Dinsdag 26 Mei 2015

Resepte

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

Maandag 25 Mei 2015

Onlangs

Onlangs geeët : Groente, lensie & vleis(bees) sop. HEERLIK

Onlangs geluister: DMX - channel op dstv het Afrikaans bygekry!!
As jy die ou remote het - druk shift en dan die tv music knoppie kies musiek nommer 815
Trots Afrikaans

Onlangs gekyk: The Words (Bradley Cooper speel daarin)

Potlood smiley happiness

Schick Spidy

Nee nie die tipe schick spidy wat julle dink nie....buiten die rooi en blou oral in my kind se kamer die Marvel Spiderman goed wat ooral is, sy hempies, sy komberse, sy speelgoed action figures vanoggend se Schick Spidy is letterlik....nie viguurlik nie.

Ek het 'n ma-massiewe spinnekop in my kind se kas gewaar en vinnig my foon gegoogle om te sien wat is dit wat ek nou eintlik kan doen sonder DOOM in die huis....

Want mens google mos deesdae as jy iets nie weet nie lmga.

Dit sê ek moet die spinekop trap en in 'n bottel vang en buite vrylaat......gu...gun nie. Met my luck sal ek op die stoel staan (want dis hoog bo in die kas se hoek) en sodra die spidy move sal ek van my stoel af spring soos ek skrik. Ek google weer en dit sê iets van peppermint olie en asyn  so ek hardloop kombuis toe en meng gou-gou dit met water. 

Die hond is al agter my aan, weet nie wat dink die pipsquick gaan hy doen as daardie ding uit die kas uit val of "jump" en verder hardloop nie want die se bene is langer as ons MinPincher se hele kop.

I know.....urggggg gril my dood.

Elkgeval ek is toe nou op die stoel en trek die kas deur effe oop en daar sit die spidy....heel rustig. Lekker warm in die huis want dit raak mos nou koud buite. Ek gee so paar 100 spuite en hoop dit werk slat die kas toe en jaag die hond uit en hol uit die kamer uit. 

10 min later....repeat

15 min repeat.

Nee wetter die ding wil nie dood nie, ek google weer en lees van skeerrroom wat maak dat hy nie kan hardloop nie en so kan jy dit dood druk met 'n besem of vang. Badkamer kassie toe is ek, en ek kry my man se Schick Shave room, goodness ek weet nie hoe die goed spyt nie so ek gee myself 'n oefensessie in my kind se kamer voor ek die kas weer oopmaak. Blirttz en daar is die hele kas en stoel en helfte van my baadjie vol draad gespuite Schick ....ha ha ha NEE nie lagsaak nie ek moet daardie ding daar uit kry.

Ek besluit om die klere so rustig moontlik uit die kas uit te haal want netnou klim die ding in my kind se klere in, nou ek haat klere regpak so ek pak die klere mooi netjies op die bed neer (die kas is darem toe)

Die hond is all over die skeerroom bussiness en snif snif en nies as hy ruik hoe sterk dit is.

Okey nou try ek weer, ek maak die kas 'n gleufie oop druk my hand in en hoop dit gaan hoog genoeg spyt om die ding te trap. Blirtzzzzzz en daar hol die ding in nog 'n verder hoek in.

Wat 'n gemors, die kas ruik soos asyn peppermint en blertse Schick is all over maar die Spidy sit nog.

Wat nou? 

Ek repeat maar weer die peppermint storie dalk "vergas" ek die ding. 

10 min later kyk ek gou weer, en hy sit nog in die ander hoek - die verste hoek wat ek nie kan bykom nie. Die stoel is nog vol skeerroom , maar ek besluit om dit so te los sodat ek nie perongeluk vergeet van die gedoente bo in my kind se kas nie.

Wat gaan volgende gebeur; My kind gaan by die huis kom en sy tas in sy kamer gaan bêre (na ek hom herhinner daarvan) en dan gaan hy my vra ;"Mamma watse blou goed is op die stoel in my kamer......Ah...ha ! En dan sal ek onthou -PAPPA GAAN DIE EEN MOET UITSORT!

Intussen hoop ek hy beweeg perongeluk tot op die Schick skeerrroom en trap atleast so twee bene, en dan hoop ek hy smoor effe. 

My grootste vrees is dat hy daar uit die kamer gehardloop kom so dronk soos 'n tor van al die goed wat ek getry het....lol

PAPPA beter vinnig huis toe kom as jy my vra!

Potlood smiley uhm stressed ogies

Vrydag 22 Mei 2015

Mooi woorde images

No bake ...want dit kan nie brand nie

Ek hou van no-bake resepte. ..yskas terte en so want eks geneig om baksels n paar keer te flop.

So ekt hierdie lekker resep vir kaaskoek op die net iewers gekry...

No Bake Cheesecake #1
A no bake cheesecake recipe that has all the
flavor of the more difficult recipes. This is an
easy dessert you'll love!
Ingredients:
1 graham cracker crust ( tennis biscuits hier gebruik)
2 8-ounce packages cream cheese, softened ( bakkie cream cheese)
1/4 cup white sugar
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup heavy whipping cream
Directions:
1. Beat the cream cheese until smooth, then
slowly add the sugar and vanilla. Beat mixture
until well blended.
2. In a clean chilled bowl, beat the whipping
cream until soft peaks form.
3. Slowly beat the whipped cream into the
cream cheese mixture.
4. Spoon filling mixture into graham cracker
crust. Chill for 4-6 hours before serving.

Potlood smiley tong hang uit

Donderdag 21 Mei 2015

Tussen Spasies ...gebeur Dinge??

Hierdie week was besig, baie dinge het gebeur en baie dinge moes gebeur, en lykmy wanneer ons hard besig is om een ding te maak werk gebeur ander dinge intussen.

Dit klink dalk erg deurmekaar die manier hoe ek dit stel want dit is hoe erg deurmekaar dit voel.


Dit is werklik so,hierdie week het ek gekonsentreer op skole research want my seuntjie gaan mos Laerskool toe volgende jaar.

My fokus was daar, en ek het so drie skole gepin point wat lyk of dit kan werk vir ons. Buiten al die dinge oor skole wat ek nog nie eers van weet nie en nie weet hoe om dit vir myself uit te werk in my kop nie, het ek darem die research.
Soos iets wat my nogal pla is, okey so hulle gaan laerskool toe en dan kom hulle 12:30 uit maar sport begin omtrent eers dan, so dit wil sê vir hulle om aan sport deel te neem moet hulle by die naskool wees of daar moet 'n ouer wees daardie tyd. Genugtig die goed maak my brein plat en ek gaan in 'n flat spin oor die dinge wat ek nog nie weet nie. Ek verstaan net nie hoe alles werk nie, en dalk is dit te danke aan die feit dat kinders nou al so vroeg moet begin met Graad RR, en dan Graad 0 en dan gereed wees vir Graad 1.

Ek neem aan as julle bogenoemde klaar gelees het gaan julle ook voel soos my brein voel, 

BREIN SHAKE...SHAKE !!

So eks toe nou erg busy om te fokus op die skool dinge wat ek nie alles mooi click nie, eks seker blond gebore of iets....of net nie lekker by met die samelewing nie...anyway en intussen reach my man se cv 'n agent wat belangstel.


en hier gaan ons alweer....


Al my droompies om te settle en 'n huis te kry met 'n swembad en net lekker huis te bou en lewe te bou moet nou in "pause" gaan. 

Okey ek jok dit is nie al waaroor ek droom nie anders sou die BLOG se naam nie "My potlood en Kamera" gewees het nie...lol sou dit? Ek droom oor baie dinge, maar ek droom dit moet spesifiek in 'n sekere volgorde gebeur- en dit DOEN NIE! Maar dit is nou in pause...of is dit dalk juis nou eers in WERKING?

Die "what ifs" is terug .....ek baklei in my gedagtes met wat realiteit is en wat moontlik kan gebeur. Dis wie ek is dis hoe dit elke keer afloop. Al kom daar soms niks van 'n spesifieke aanbod of opportunity nie.......die moontlikheid maak my reeds onseker van my realiteit.


Wat 'n mondvol nê...?


Gelukkig oor die jare het ek al geleer dat die moontlikhede wat oor mens se pad kom nie noodwendig jou lewe afbreek en alles wat jy oor droom hoef te verslaan nie.....NEE WAT. Hierdie girl hou haar drome lewendig....dit sal alles nog in plek val. Dis tussen die spasie...voor dit gebeur!


Eks elkgeval nie mal oor die dorp waarin ons tans bly nie so as ....ja as....iets moet gebeur dat 'n werksgeleentheid ons moet weer laat trek sal ek hard bid dit is hierdie keer ons plekkie ons dorp waar ons kan tuiste bou en voete vas maak op die grond. 


I really hope.....for that.


So ek skryf nou en my kamera foto drome staan tjoep stil vir eers, maar ek weet dat alles wat ons al deur is en alles wat ons nog deurgaan my sterker maak ....selfs vir my eie GROOT drome!


* Skole dinge, hondjie huis training.....en dan die unknown moontlikhede wat soms in mens se skoot val. 


FLUKS hou nie....

Die een dag sal ek soos energie hê waarmee ek baie gedoen kry en dan is dit asof ek vir die volgende twee dae niks gedoen kry nie.


Ek het so in die begin van die week die yskas afgepak en whatever daar bo aangegaan het uitgesort. Resepte boeke, tandeborsels wat verf op het, you name it....daar gekry en dit netjies gemaak. 


So fluks die afrikaanse tumble dryer garage toe geskuif en die eetkamer netjies gemaak sodat daar nie meer te veel goed rondstaan nie want, intussen het ons besluit ons gaan vir eers hier bly en maar ons plekkie lekker maak vir onsself.


So dit beteken die huis wat te klein is vir al my goed...moet nou werk. So die yskas is gedoen die eetkamer is gedoen. Daardie deurmekaar badkamer kassie wag vir sy dag en my plastic kas wag ook. Hulle moet maar wag vir eers, want for some reason as my brein so deurmekaar voel kan ek nie ander dinge lekker aanpak nie. Daardie "what if" moet eers 'n settle plekkie kry in 'n spasie waar dit minder stres veroorsaak.


en deur dit alles....train ek nog my kind se hond wat wanneer ek met die huis besig is plante insleep en die mat weer vuil maak of baie "turbo" agtig charcoal iewers buite by die braai uitkrap en met dit kom speel in my huis asof dit 'n verdomde BAL is.


Imagine dit....

ha ha dis my week gewees.....dankie tog dis vrydag!
Potlood smiley CRAZY ogies




Dinsdag 19 Mei 2015

Onlangs

Onlangs geeët ; Room aartappel met kaas en mushrooms, met mince bolle en sous.

Onlangs gekyk; Romantiese Fliek
In my dreams

Skool oefeninge by huis; Luistervaardigheid
Ek het n kort storie vir my kind gelees en hom vyf vrae oor die storie gevra na die tyd.

Potlood smiley skribbel regmerkie oogwink
He he

Ek gaan dit add op my posts!

Ek het gedink om hierdie by te sit wanneer ek post.

Wat het ons geeët onlangs;
Movie onlangs gekyk;
Skool dingetjies wat ek saam my kind onlangs gedoen het;

En so as ek dit vir julle post is daar dalk iemand wat n idee kry vir aandete of n oulike skool gereedheid tip wat ek al probeer het optel.

Potlood smiley
Next time mensies