Sondag 26 Julie 2015

Stort jou hart uit-Jy sal weet wanneer jy MOET

Dis great as mens iemand het by wie jy al jou harts dinge kan vertrou.

Mens kom op n punt waar jy nie eers woorde meer het vir hoe jy voel nie, onseker, huiwerend, bang, alle negatiewe land op jou soos n bom.

TICK tick tick tot jy van jou sinne beroof is , alleen voel, voel daar is geen oplossings nie.
Ka-boom en dis die dag wat dit bars.

Ander dae glimlag jy en dit lyk of niks jou pla nie, NET DIE HERE KEN JOU HART

Partymal het mens n heart to heart nodig met iemand wat nie net hoor nie maar luister. Iemand wat jou dieptes verstaan....

Soms is dit nodig om die heart to heart met jouself ook te hê. Skryf dit neer , lees dit op....soul search voor die kanon ontplof.

Diep binne jou probeer jy nog die lig raaksien diep in jou is iets wat nog Glo...glo in n beter jy, glo in Ek Kan !
Glo in oplossings wat nog kom...

Ek sê nie mens moet n trane dal splatter elke keer wat jy emosioneel met iemand praat nie.....nee ! Maar daar kom n tyd wat dinge binne jou ,jou begin skeur, jou keer, jy nie meer wil voel nie, dis dan
Wat jy moet praat en jou hart uit stort, by die Here, met jouself...en ook daardie een persoon !

As jy nie weet of daar so persoon in jou lewe bestaan nie... gee die persoon kans om daardie persoon vir jou te word..  te wees! JY laat mense in, jy laat mense toe , Jy!

Doen dit ! GEE dit

Na jy jou hart uit gestort het behoort jy weer kans te sien om jou hande voor jou gesig die mure in jou pad te laat sak, sodat daardie iets in jou wat die lig wil sien... dit weer kan sien !

Praat diep, huil hard, stort dit uit sodat dit jou nie van binne meer kan vergiftig nie.

Wees bly jy lewe, daardie lig is op jou pad en jy kan dit sien !!!

Oplossings wat jy self nie eers aan dink nie is reeds in plek , en jy moet die pad na die lig toe stap. Jy moet eerste die mure laat sak, die tree gee, die Vertroue hê ♥

Fotos geleen vanaf facebook blaaie

Sondag 12 Julie 2015

Skons sonder eier

Eierlose skons
(lewer ongeveer 6 medium skons)
Bestanddele
500ml meel
20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk
Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë
bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.
Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230
0C vir 15 minute.

*Ekt vir ons room styf geklop en dit saam lekker aarbei konfyt geëet.

Potlood smiley
yum gewees

Maandag 06 Julie 2015

ONLANGS

Onlangs geeët ; Ystervarkies(sal die resep nog plaas)

Vis en groenslaai met self gesmeerde botter e garlic kaas rolletjies.

Potlood smiley

RESEP

WORTEL PIESANG KOEK
250 ml suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute

Verhit oond tot 180ºC.

Klits suiker, olie + eiers
goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda
saam en meng met suikermengsel. Voeg
piesangmoes, wortels en neute(neute crush nie maklik nie)
by en meng
liggies. Skep in panne en maak gelyk.
Bak 25 ‑
35 minute in laagkoekpanne of 45 ‑ 55 minute in
vierkantige pan.
Keer versigtig uit.
Vul en
versier met roomkaasversiering.

Hou koek in
koelkas. Koek vries baie goed.

Versiersuiker
Botter
Room kaas
Vanielje
Lemoen (rasper)

**myne was te loperig toe trek ek my koek met wit fondant oor en die roomkaas binne in was vreeslik lekker.

Donderdag 02 Julie 2015

Vrese wat mens VRIES

EXACTLY net dit.

In van my vorige posts het ek genoem dat ek nie vreeslik mal oor die dorp is waarin ons bly nie, nevermind die toestand waarin ons land is nie, en ek het self al gesien hoe ek deur my vrese gekeer word om te lewe.Dit is asof ek besluit het, wel ek hou nie van die plek nie so ek gaan niks planne maak terwyl ek hier is nie, ek gaan niks drome na jaag nie, en ek wag op die volgende chapter....

Geen wonder my vrese het my gevries nie.

Nie net vrese nie maar ook dinge wat ek nie NOU kan verander nie, en ja ek is een van daardie mense wat DINGE NOU wil verander of ek raak bietjies bietjies mal.

Wat ek egter agtergekom het is hoe dieper ek in my vrese stilstaan hoe langer vat dit om daar uit te kom , hoe langer vat dit om weer te GLO en te VERTROU.

Ek moet en ONS moet aanhou lewe al het ons vrese, al werk dinge nie altyd uit nie, al kan ons nie ALLES WAT ONS WIL DADELIK VERANDER nie.

So baie dinge staan in my lewe stil omdat ek al gevries het in my vrese....te bang vir die volgende move want WAT AS dit die verkeerde move is of wat as ......

WEL WAT AS......dan is dit maar wat dit is want mens moet aanhou lewe en die lewe gaan oor kanse vat.

'n boek wat ek het "Hou op Stres"(Elizabeth George boek) sê in die een gedeelte dat die Bybel sê mens mag nie bekommerd wees nie want God sorg vir die dag van more. Dan skryf die skrywer dat indien jy bekommerd is jy net bekommerd moet wees of jou wil in lyn is met God se plan. Dit is al wanneer jy kan seker maak en bietjie bekommernis toon.

die res.....wel jy moet regte egte VERTROUE hê, iets wat ek reeds verloor het in die tyd wat ek al begin VRIES HET, so vir nou moet my vrese eers "defrost" sodat ek weer kan droom en actually glo , en lewe al het ek VRESE !!!!! Want sure ek haal asem en ek doen wat ek moet en ek is hier, maar ek maak planne vir 'n "ander dag en tyd" nie vir nou nie, nie iets wat ek nou kan aanpak nie. Ek wag op iets.....seker beter dae-----en dit moet nie so wees nie. Mens moet lewe en die beste doen wat jy kan, en kanse waag ...en daar gaan definitief dinge kom want moeiliker gaan wees om te "face" en selfs goed wees wat nie nou kan gedoen word nie maar dit moenie mens so mismoedig maak dat mens net wil stilstaan nie. Slippery slide tot by die volgende excitement wat jy in jou lewe kan skep dan.....(soos ek die woorde tik moet ek dit vir myself OOK IN NEEM.....glo my eks net 'n feilbare mens soos die een wat nou hier lees)

Al vat dit jou om jouself te herhinner, doen dit dan!

n Christelike skrywer skryf; Jy moet die Here ken nie vir wat hy vir jou kan doen nie maar vir wat hy vir jou is.(Alida)

***As iemand vandag hierdie post lees en diep binne voel soos ek vandag, sal ek ook aan julle dink en mag ons dan ontvries, sodat ons kan aanbeweeg en drome na jaag en dinge doen al werk alles nie volgens ons plan DADELIK uit nie, en al het ons vrese in die lewe.

Lets just let it be,,.,,,,Leef net!

☻♥

Woensdag 24 Junie 2015

Hou aan DROOM!

Net gister deur die woorde van 'n afrikaanse liedjie is my drome weer aangewakker.

My FOTO drome.

Ek het nou so bietjie gaan oplees by Fotoskool en by DPC Photography en net weer bietjie die vuurtjie weer aan die brand gesteek, want so gou in mens se lewe is mens op die randjie om net te vergeet en net op te gee op iets of iemand wat alles vir jou is en wat sin maak, in jou binneste.

Fotografie maak vir my sin, in my binneste, oor en uit en klaar maak nie saak hoeveel keer ek wegkyk nie, ek kan myself nie insien iets anders as 'n beroep najaag nie.

Want wat anders sal ek so genot uit kan put ...?

Ek moet bieg buiten my foon wat heel orait fotos neem het ek vreeslik lanklaas my kamera gebruik, een wat ek as 'n verjaarsdag persent by Manlief vir een van my verjaarsdae gekry het heelwat jare terug. Dit is 'n digitale Kodak met 'n 10 zoom. Ek het nie 'n clue hoe om die ding te beskryf nie en ek glo dit is tien teen een baie duidelik.

***Nou dat ek daaraan dink, ek het nie die vaagste benul eers waar daardie kamera is nie.

Tot nou het ek maar fotos vir vriende of my eie fotos (wat geneem is met my foon) ge-edit en mee gespeel en my editing skills verbeter.

Nou lees ek hierdie interessante post oor 'n man wat vir 'n kursus gegaan het en na dit het sy liefde vir fotografie so versterk en so verbeter....en hy sê boonop dat hy miskien met 'n kamera in sy hand gebore moes wees, maar hy werk vir 'n IT plek. 

Dis een ding wat my "baffle" oor die samelewing van ons ontdek ons drome so laat in ons lewe , van ons ontdek 'n droom bewaarheid dit en skep nuwe drome, en die ander van ons MIS dit om te droom.

DIE LIEDJIE; Aanhou om aan te hou; Juanita Du Plessis....LUISTER DIT MENSE !!! (wyse woorde in hierdie song)


FOTOGRAFIE LINK: http://digitalphotographycourses.co.za/photography-as-art-an-interpretation-by-kevin-richards/


Potlood......nee
wag....
Kamera oog click


Links

http://leerkookmetjoumikrogolf.weebly.com/koekresepte

Potlood smiley

Wortelkoek Mikrogolf

LEKKER WORTEL EN PIESANG MIKROGOLF KOEK:
Sif saam:
350 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
3 ml sout
Voeg by:
250 ml bruin suiker
250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
125 ml piesang – fyn gedruk
250 ml gerasperde wortel
150 ml olie
25 ml water
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
SO MAAK JY:
Meng als saam.
Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak.
Sit in mikrogolfoond vir 11 – 14 minute op
medium.
Laat afkoel.
Versier met roomkaas & versiersuiker:
37,5 ml margarien
250 ml versiersuiker
50 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Meng saam en versier koek.·

Sondag 14 Junie 2015

Mmallow Melktert

Ek het hierdie resep op facebook via die Bak en Brou klub gekry;

Die finale gedeelte het ek my eie twist bygesit.

Bak-en-brou-klub
MAKLIKE MELKTERT
Melk en bietjie meel, eiers en suiker is al wat
nodig is om ’n korslose melktert te bak.
Bestanddele:
250ml Suiker
5 ml bakpoeier
30 ml margarien
250 ml koekmeel
3 ml sout
5 ml vanieljegeursel
1 Koppie melk
2 eiers
Metode:
Smelt die margarien en voeg die suiker en
eiergele by
Meng die droë bestanddele met die melk en die
vanieljegeursel
Voeg alles bymekaar.
Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.
Bak in ’n gesmeerde tertbord by 180 grade Celsius
tot die tert begin stol.
THE WORKING WIFE

Ek het kaneel bo op gesprinkel en baba marshmallows oor gegooi (nie te veel nie want het gewonder hoe kaneel en marshmallows sou smaak)
Dit bietjie laat grill aan die bo kant....

Eindproduk was bietjie Te Gaar amper soos klam koek maar steeds baie Njummies !

Potlood smiley lek lippie af

Donderdag 11 Junie 2015

Vroeë Krismis ....Idees

Ek het vroeër die maand genoem dat ek alreeds besig is om Kersfees idees bymekaar te maak.
Nie dat ek weet of dit ooit help nie, kan hoegenaamd nie onthou of ek iets al vantevore as 'n "idee" ontdek het in Junie al en steeds gebruik het in Desember as geskenke idee nie.

Maar in elkgeval ek het van die prentjies gesave, en dink dit is nogal oulike persente idees.

* Iets wat jy kan gebruik
* Iets moois
* Iets lekker


Ek sal later weer links opsit ek het hierdie all over die internet gekry.....G☺☺g l E .....

Ek wonder wat sou 'n afrikaans TROTS afrikaanse google naam gewees het.....Goegel, Koekeloer.....wha ha ha ha ha

WE Google.....EVERYTHING !!! I do....

Eks nie 'n groot fan van die tegnologie wat alewig om ons aan die verander is nie maar ek love dit dat ek ON THE GO kan BLOG en ek Looooooove dit as ek iets soek en ek kan dit goegel.



☺