Sondag 01 November 2015

ONLANGS

Spinasie met Lemoen Chai-Hoender.

Dit was nou vir jou iets anders.

Dit vat net lank en my hele kombuis was vuil na die tyd.

Ek het nooit al die bestandele wat die resepte sê mens moet gebruik nie maar gelukkig flop my plaas vervangers nie ALTYD nie.

Lemoen Chai Hoender

Hoender in chunks gesny
Ziploc sakkie
Meng lemoen sap (ekt vars lemoene uitgedruk) 2 koppies
Hoender spices
knoffel
Rooi Peper(baie min)
Kwart koppie Suurlemoen sap
Kwart koppie asyn.
Maak seker dat die sous die hoender goed bedek en seel sakkie.
Draai sakkie kort kort 30min

Gooi als oor in pan en braai hoender tot gaar (dis as jy nie die deep fry metode gebruik nie)....sien onder.

Resep op internet sê jy moet dan die hoender uithaal stuk vir stuk en in eier doop en dan in "cornstarch" ( ek het maizina gebruik.  En my hoender gelyk gedoop en gerol in maizina meel.
Dis messy maar nou ja !

Dan moet mens dit deep fry ! Ek het myne in n non stick pan gebraai met olyf olie.

Dit was baie sout soet suur lekker tai hoender. Vir smaak het ek chutney en bietjie sout bygesit in pan.

Myne het ek bedien met spinasie (room aartappel eier spinasie) en dit was heerlik !

Potlood smiley