Vrydag 29 Mei 2015

Zzz....sleep

Ek wens ek kon so vinnig slaap eks seker hierdie brakkie slaap maklik 20 keer n dag !

En hy slaap so maklik...

Potlood smiley jealous gesiggie

Donderdag 28 Mei 2015

Ek train die HOND,wat 'n BREEZE

In een van my vorige posts het ek gemention dat ek nou ons hond train. TUSSEN deur alles en wat nog gebeur.

Die een wat die "turbo" agtige moves maak met sy agter lyf. In die oggende vanaf 04:30 wanneer manlief opstaan tot wanneer my seuntjie skool toe gaan het hy hierdie boud swaai move wat hy doen oor hy so VREESLIK EXCITED is om iemand te sien. Hy slaap in die sitkamer, as iemand gewonder het....So die turbo agter in sy lyf CHARGE OP en dan hol hy mal rond so happy om mense te sien. ha ha ha

Ons het nogal oorweeg om hom Turbo te noem ook maar toe ooreengestem op 'n ander naam.

So mens kan letterlik nerens heen as jy eweskielik 'n puppy het nie en saam piekel het ons ook nou al so drie kere getry. Dit werk nie so lekker nie, so hy moet getrain word om buite asem te haal...want hy sal nie omkap nie.

My man sê die ander dag "sien jy Engel as jy 'n baba (MENS) het dan kan mense nie sê jy mag nie kom kuier nie want mense is welkom babas en al.....maar as daardie baba 'n HOND is......woooowhhhh draai die brieke vas. My hond gaan joune byt, waar gan die hond slaap? Eauww Eaaauw gaan jy in die aande na luister, of die hond gaan die sakke in spring...(ja hy het dit actually gedoen hyt binne die punt van 'n swartsak geskeur en daar ingeklim. Groossssssssem

So nou train ek die klein gedierte om bietjie buite te bly....wat 'n misson. Hy Howl(weet nie hoe spel mens dit nie) letterlik as hy net 'n toe deur waag sien. Die deur moet oop wees en die son moet iewers wees en daar sal jy die hond ook kry. 

Die son ding is nogal funny, hy skuif die hele huis rond en hy is NET daar waar die son ook is. Hy kyk my met sulke sad puppy ogies uit as ek die deure toe trek en hy kan baie duidelik sien daar is son. Dan wag hy vir die son in die sitkamer, selfs 'n gleufie son teen die kas en hy sal sy nek ruk en rek en hy sal sy snoet salig in die son bak. 

Training; 2 uit 10 vir my want hyt letterlik net twee ure buite gebly voor ek die deur weer oopgemaak het.

Dis nie dat hy nie buite gaan en so nie, die deur moet net nie ook TOE wees nie en wat bedoel dit? Dit FRIECKEN meen ons kan nie winkel toe ry nie of hy gaan KEEL opsit....."Ah hawwwl"(dai huil geluid julle weet seker wat hier try sê)

Vanoggend ek hom sommer vroeg uit gevat want hyt 'n ROOI potlood van my kind ontdek iewers....(wonder waar?) en my hele sitkamer mat versier met die stukkies potlood.

Wat ek ook agtergekom het is die hond BOL elke keer op presies maar presies dieselfde spot. Ek sukkel om dieselfde spot te onthou so partykeer is my koerant lykmy nie eksie perfeksie daar nie. Hoe die blerrie hond in die aande (wel ogg ure.,...ek hoor mos as daardie klein potjies op die koerante hol) sien hoe weet hy dis presies...sy SPOT. Die vet weet, ek moet 'n huis kry met 'n mini deurjtie vir die mini brakkie om sy BOL buite te gaan los!

My man was reg toe hy gesê het die HONDJIE sal nuwe OPWINDING bring sodra hy by ons is....opwinding...opwerking....selfde ding. ha ha

Ag maar hy is oulik en hy is liefdevol en dis darem soort van 'n ou maatjie vir my seuntjie.

*Skole dinge steeds 'n kopseer*Nuwe Werks aanbod-verby*Cv's uit-Yes!* Blou-grys stres week die-ongoing.,..

Potlood smiley tongetjie uit, strepie trek ogies,

Dinsdag 26 Mei 2015

Resepte

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mossels-mussels.html

Maandag 25 Mei 2015

Onlangs

Onlangs geeët : Groente, lensie & vleis(bees) sop. HEERLIK

Onlangs geluister: DMX - channel op dstv het Afrikaans bygekry!!
As jy die ou remote het - druk shift en dan die tv music knoppie kies musiek nommer 815
Trots Afrikaans

Onlangs gekyk: The Words (Bradley Cooper speel daarin)

Potlood smiley happiness

Schick Spidy

Nee nie die tipe schick spidy wat julle dink nie....buiten die rooi en blou oral in my kind se kamer die Marvel Spiderman goed wat ooral is, sy hempies, sy komberse, sy speelgoed action figures vanoggend se Schick Spidy is letterlik....nie viguurlik nie.

Ek het 'n ma-massiewe spinnekop in my kind se kas gewaar en vinnig my foon gegoogle om te sien wat is dit wat ek nou eintlik kan doen sonder DOOM in die huis....

Want mens google mos deesdae as jy iets nie weet nie lmga.

Dit sê ek moet die spinekop trap en in 'n bottel vang en buite vrylaat......gu...gun nie. Met my luck sal ek op die stoel staan (want dis hoog bo in die kas se hoek) en sodra die spidy move sal ek van my stoel af spring soos ek skrik. Ek google weer en dit sê iets van peppermint olie en asyn  so ek hardloop kombuis toe en meng gou-gou dit met water. 

Die hond is al agter my aan, weet nie wat dink die pipsquick gaan hy doen as daardie ding uit die kas uit val of "jump" en verder hardloop nie want die se bene is langer as ons MinPincher se hele kop.

I know.....urggggg gril my dood.

Elkgeval ek is toe nou op die stoel en trek die kas deur effe oop en daar sit die spidy....heel rustig. Lekker warm in die huis want dit raak mos nou koud buite. Ek gee so paar 100 spuite en hoop dit werk slat die kas toe en jaag die hond uit en hol uit die kamer uit. 

10 min later....repeat

15 min repeat.

Nee wetter die ding wil nie dood nie, ek google weer en lees van skeerrroom wat maak dat hy nie kan hardloop nie en so kan jy dit dood druk met 'n besem of vang. Badkamer kassie toe is ek, en ek kry my man se Schick Shave room, goodness ek weet nie hoe die goed spyt nie so ek gee myself 'n oefensessie in my kind se kamer voor ek die kas weer oopmaak. Blirttz en daar is die hele kas en stoel en helfte van my baadjie vol draad gespuite Schick ....ha ha ha NEE nie lagsaak nie ek moet daardie ding daar uit kry.

Ek besluit om die klere so rustig moontlik uit die kas uit te haal want netnou klim die ding in my kind se klere in, nou ek haat klere regpak so ek pak die klere mooi netjies op die bed neer (die kas is darem toe)

Die hond is all over die skeerroom bussiness en snif snif en nies as hy ruik hoe sterk dit is.

Okey nou try ek weer, ek maak die kas 'n gleufie oop druk my hand in en hoop dit gaan hoog genoeg spyt om die ding te trap. Blirtzzzzzz en daar hol die ding in nog 'n verder hoek in.

Wat 'n gemors, die kas ruik soos asyn peppermint en blertse Schick is all over maar die Spidy sit nog.

Wat nou? 

Ek repeat maar weer die peppermint storie dalk "vergas" ek die ding. 

10 min later kyk ek gou weer, en hy sit nog in die ander hoek - die verste hoek wat ek nie kan bykom nie. Die stoel is nog vol skeerroom , maar ek besluit om dit so te los sodat ek nie perongeluk vergeet van die gedoente bo in my kind se kas nie.

Wat gaan volgende gebeur; My kind gaan by die huis kom en sy tas in sy kamer gaan bêre (na ek hom herhinner daarvan) en dan gaan hy my vra ;"Mamma watse blou goed is op die stoel in my kamer......Ah...ha ! En dan sal ek onthou -PAPPA GAAN DIE EEN MOET UITSORT!

Intussen hoop ek hy beweeg perongeluk tot op die Schick skeerrroom en trap atleast so twee bene, en dan hoop ek hy smoor effe. 

My grootste vrees is dat hy daar uit die kamer gehardloop kom so dronk soos 'n tor van al die goed wat ek getry het....lol

PAPPA beter vinnig huis toe kom as jy my vra!

Potlood smiley uhm stressed ogies

Vrydag 22 Mei 2015

Mooi woorde images

No bake ...want dit kan nie brand nie

Ek hou van no-bake resepte. ..yskas terte en so want eks geneig om baksels n paar keer te flop.

So ekt hierdie lekker resep vir kaaskoek op die net iewers gekry...

No Bake Cheesecake #1
A no bake cheesecake recipe that has all the
flavor of the more difficult recipes. This is an
easy dessert you'll love!
Ingredients:
1 graham cracker crust ( tennis biscuits hier gebruik)
2 8-ounce packages cream cheese, softened ( bakkie cream cheese)
1/4 cup white sugar
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup heavy whipping cream
Directions:
1. Beat the cream cheese until smooth, then
slowly add the sugar and vanilla. Beat mixture
until well blended.
2. In a clean chilled bowl, beat the whipping
cream until soft peaks form.
3. Slowly beat the whipped cream into the
cream cheese mixture.
4. Spoon filling mixture into graham cracker
crust. Chill for 4-6 hours before serving.

Potlood smiley tong hang uit

Donderdag 21 Mei 2015

Tussen Spasies ...gebeur Dinge??

Hierdie week was besig, baie dinge het gebeur en baie dinge moes gebeur, en lykmy wanneer ons hard besig is om een ding te maak werk gebeur ander dinge intussen.

Dit klink dalk erg deurmekaar die manier hoe ek dit stel want dit is hoe erg deurmekaar dit voel.


Dit is werklik so,hierdie week het ek gekonsentreer op skole research want my seuntjie gaan mos Laerskool toe volgende jaar.

My fokus was daar, en ek het so drie skole gepin point wat lyk of dit kan werk vir ons. Buiten al die dinge oor skole wat ek nog nie eers van weet nie en nie weet hoe om dit vir myself uit te werk in my kop nie, het ek darem die research.
Soos iets wat my nogal pla is, okey so hulle gaan laerskool toe en dan kom hulle 12:30 uit maar sport begin omtrent eers dan, so dit wil sê vir hulle om aan sport deel te neem moet hulle by die naskool wees of daar moet 'n ouer wees daardie tyd. Genugtig die goed maak my brein plat en ek gaan in 'n flat spin oor die dinge wat ek nog nie weet nie. Ek verstaan net nie hoe alles werk nie, en dalk is dit te danke aan die feit dat kinders nou al so vroeg moet begin met Graad RR, en dan Graad 0 en dan gereed wees vir Graad 1.

Ek neem aan as julle bogenoemde klaar gelees het gaan julle ook voel soos my brein voel, 

BREIN SHAKE...SHAKE !!

So eks toe nou erg busy om te fokus op die skool dinge wat ek nie alles mooi click nie, eks seker blond gebore of iets....of net nie lekker by met die samelewing nie...anyway en intussen reach my man se cv 'n agent wat belangstel.


en hier gaan ons alweer....


Al my droompies om te settle en 'n huis te kry met 'n swembad en net lekker huis te bou en lewe te bou moet nou in "pause" gaan. 

Okey ek jok dit is nie al waaroor ek droom nie anders sou die BLOG se naam nie "My potlood en Kamera" gewees het nie...lol sou dit? Ek droom oor baie dinge, maar ek droom dit moet spesifiek in 'n sekere volgorde gebeur- en dit DOEN NIE! Maar dit is nou in pause...of is dit dalk juis nou eers in WERKING?

Die "what ifs" is terug .....ek baklei in my gedagtes met wat realiteit is en wat moontlik kan gebeur. Dis wie ek is dis hoe dit elke keer afloop. Al kom daar soms niks van 'n spesifieke aanbod of opportunity nie.......die moontlikheid maak my reeds onseker van my realiteit.


Wat 'n mondvol nê...?


Gelukkig oor die jare het ek al geleer dat die moontlikhede wat oor mens se pad kom nie noodwendig jou lewe afbreek en alles wat jy oor droom hoef te verslaan nie.....NEE WAT. Hierdie girl hou haar drome lewendig....dit sal alles nog in plek val. Dis tussen die spasie...voor dit gebeur!


Eks elkgeval nie mal oor die dorp waarin ons tans bly nie so as ....ja as....iets moet gebeur dat 'n werksgeleentheid ons moet weer laat trek sal ek hard bid dit is hierdie keer ons plekkie ons dorp waar ons kan tuiste bou en voete vas maak op die grond. 


I really hope.....for that.


So ek skryf nou en my kamera foto drome staan tjoep stil vir eers, maar ek weet dat alles wat ons al deur is en alles wat ons nog deurgaan my sterker maak ....selfs vir my eie GROOT drome!


* Skole dinge, hondjie huis training.....en dan die unknown moontlikhede wat soms in mens se skoot val. 


FLUKS hou nie....

Die een dag sal ek soos energie hê waarmee ek baie gedoen kry en dan is dit asof ek vir die volgende twee dae niks gedoen kry nie.


Ek het so in die begin van die week die yskas afgepak en whatever daar bo aangegaan het uitgesort. Resepte boeke, tandeborsels wat verf op het, you name it....daar gekry en dit netjies gemaak. 


So fluks die afrikaanse tumble dryer garage toe geskuif en die eetkamer netjies gemaak sodat daar nie meer te veel goed rondstaan nie want, intussen het ons besluit ons gaan vir eers hier bly en maar ons plekkie lekker maak vir onsself.


So dit beteken die huis wat te klein is vir al my goed...moet nou werk. So die yskas is gedoen die eetkamer is gedoen. Daardie deurmekaar badkamer kassie wag vir sy dag en my plastic kas wag ook. Hulle moet maar wag vir eers, want for some reason as my brein so deurmekaar voel kan ek nie ander dinge lekker aanpak nie. Daardie "what if" moet eers 'n settle plekkie kry in 'n spasie waar dit minder stres veroorsaak.


en deur dit alles....train ek nog my kind se hond wat wanneer ek met die huis besig is plante insleep en die mat weer vuil maak of baie "turbo" agtig charcoal iewers buite by die braai uitkrap en met dit kom speel in my huis asof dit 'n verdomde BAL is.


Imagine dit....

ha ha dis my week gewees.....dankie tog dis vrydag!
Potlood smiley CRAZY ogies




Dinsdag 19 Mei 2015

Onlangs

Onlangs geeët ; Room aartappel met kaas en mushrooms, met mince bolle en sous.

Onlangs gekyk; Romantiese Fliek
In my dreams

Skool oefeninge by huis; Luistervaardigheid
Ek het n kort storie vir my kind gelees en hom vyf vrae oor die storie gevra na die tyd.

Potlood smiley skribbel regmerkie oogwink
He he

Ek gaan dit add op my posts!

Ek het gedink om hierdie by te sit wanneer ek post.

Wat het ons geeët onlangs;
Movie onlangs gekyk;
Skool dingetjies wat ek saam my kind onlangs gedoen het;

En so as ek dit vir julle post is daar dalk iemand wat n idee kry vir aandete of n oulike skool gereedheid tip wat ek al probeer het optel.

Potlood smiley
Next time mensies

Keep the Joy

http://www.thebettermom.com/2014/12/07/7-habits-joyful-mothers

Oulike "link"

Gepraat van anniversaries. ...

Kyk die oulike clip.

Hoe emosioneel die twee raak ....wow

https://www.youtube.com/watch?v=X9HlHmY-PsA&feature=youtube_gdata_player

Potlood smiley

Celebration time...amper!

Paar minute later en darem dink ek nie meer aan my vorige post "kopseer" nie. 

Of wag ek doen,,,,maar daar is darem iets vrolik ook in my brein aan die gang.

In die maand van liefde vir my en my man wat ons huwelik binnekort vier wil ek hierdie link met julle deel;

http://www.lifehack.org/articles/lifestyle/anniversary-ideas-to-bring-you-closer-together.html

ek hoop die link werk...


Ek en manlief praat gisteraant oor wat ons wil doen en hoe ons dit wil vier dat ons huwelik al sewe jaar sterk loop....wel sewe jaar ongoing loop....sewe jaar is LANK.

HA ha ha en hoe ookal dit sover loop...... Ons is baie lief vir mekaar en ondersteun mekaar in die beste manier wat ons weet hoe om dit te doen.

Ek moet nog self bietjie gaan lees watse cool idees daar is vir die huwelik. Wat ek wel raakgelees het is 'n artikel of leesstuk oor hoekom mens jou huwelik moet vier. Vir my is dit ook belangrik om weer daardie liefde te onthou daardie memories stywer vas te knoop met elke jaar. Die great ding is dat my seuntjie sal groot word met die 'tipe celebration' en dit is vir my mooi.

So ons het gedink " mossel sop, en see kos en mmmmmm" skielik is ek honger. Ek sal moet resepte en interessante idees opsoek wil dit ekstra spesiaal maak.

Obviously het ek nie nou sulke goed hier by die huis nie so om my lus te blus sal ek maar moet settle vir "Nik naks" vir breakfast en later bietjie weetbix as die honger kol nog nie verdwyn het nie.

ha ha ha ha 

Mmmmmm see kos ....ek gaan omtrent uitgehonger wees vir dit teen die tyd dit ons herdenking is.

LMGA
Potlood smiley met ekstra smile, driehoekie hartjie.

Kopseer

Het julle al agtergekom hoe 'n groot friecken kopseer aanlyn cv en resumes is?

Never mind dit iets anders wat my ook 'n kopseer gee is die feit dat my kind volgende jaar Laerskool toe moet gaan.

Ek weet nie wat vir wat moet gaan nie en my angstige ability om paniek te vang in die oomblik van die unknown skop met volle speed in.

So dit is uniforms, en skool boeke, en watter sport bied die skole aan?
Wanneer moet hy reeds ingeskryf wees (een of ander regulasie wat dalk inplek kom waaroor ek op die internet gelees het iets te doen met registrasie proses vir skole wat gaan verander vir kinders wat ingeskryf moet word vir 2016.)

Neeeee asb dit moet nie verander nie ek weet nog nie eers hoe die ou stelsel werk nie dit is baie anders as om jou kind in 'n kleuterskool te sit.

Wat gaan die nuwe skool my en manlief uit die sak jaag, en wat is die nuwe skool tye,,,,,goodness want laerskool verskil van kleuterskool dan kom na-skool seker ook weer inwerking. 

argggggggg ek kort 'n kar.

Mense ek moet 'n balans kry tussen die die dinge wat ek moet maak gebeur, die dinge wat nog kom, die dinge wat om my reeds aan die gang is. Alles freak my net uit.

wat 'n kopseer.

Potlood gesiggie met 'n strepie mondjie
later weer


Donderdag 14 Mei 2015

Skool era

Deesdae wanneer ek n fliek kyk het alles in die fliek vir my groter betekenis.

Veral as dit n tiener fliek is ...nou so tien jaar terug het ek met my eie tiener oë nog so tipe fliek baie geniet. Maar nou is die tiener flieks waarskuwings en mense ek vang tips want eendag is eendag dan sit ek self met n tiener.

Die kinders van vandag is soveel anders as ons in daardie tyd, maar dan weet ek ook weer my ma moes presies dieselfde kon sê.

Ek meen in hulle tyd mag hulle nie eens broeke gedra het nie .....
Nou is dit so bitter algemeen dat tensy jy n water lengte mini aanhet jy eerder nie n rok dra nie.

Nou my era en ons wat kinders was is nou sterk oppad dertig toe so dit is fine vir rompe en broeke en somersrokkies ens. As jy eers groot is weet jy hoe om met klas te dress.

Die bekommernis is daardie tiener stuff wat nog op my wag....met my kind se era.

So ek kyk die fliek LOL van Miley Cyrus en dis nou tipies tieners..  en hierdie mal gedagtes en prentjies vorm oral.

Kyk dit dan sal julle sien wat ek meen...

Okey so pause dit...want vir nou het ek Laerskool inskrywings en ope aande om aan te dink.

Heeltyd sivvies dra is verby vir my ou seuntjie volgende jaar is dit al uniform!

Skool dinge....oe what a stressful time.

Potlood smiley punt

Woensdag 13 Mei 2015

Net te, te laat...

Ek merk gister op dat Sarie 'n voorblad gesig kompitisie hardloop en ek dink bymyself dalk sal dit 'n goeie idee wees om in te skryf,

Sodat ek my besigheid my droom om fotograaf te word kan begin bewaarheid of sodat ek my eie kar kan koop wat ek elkgeval ook nodig het.


Ek blaai nogals gister deur van die inskrywings en kyk watse tipe gesigte daar is.....staan ek 'n kans moet ek dit waag?


Anyway ek laat val dit so in gesprek met manlief vanoggend toe ek hom goodbye soen en hy gee so effe laggie en sê nie in soveel woorde maar ek moet voortgaan.


Ek dink die heeltyd daaraan vandat ek opstaan maak seuntjie reg vir skool en net toe ek finally sit om dit te doen sê die webpage die inskrywings het gister gesluit.


Wat 'n hengse bummer!!!


Normaalweg sal ek so iets nou glad nie oorweeg het nie maar die prys wat jy wen is 'n goeie bedraggie en ek kon nogal doen met dit.


So my "fake" potlood hier op die laptop sal maar vir julle aanhou skryf tot ek werklik iets aan my "Fotograaf drome" al begin doen het.


Weer 'n fliek gekyk gisteraant wat my darem maar laat dink aan my eie lewe. 

'n ma wat kan sing en wat actually kan populêr wees maar wat gestrand sit by die huis op 'n verlate plek en haar man werk so sy kyk na die kids. 

Die fliek se naam is Goddess.....bekende gesig daarin is Ronan Keating (die sanger ja).


----- sulke tipe flieks laat mens dink en wonder wat jou eintlike "purpose" in die lewe is.


Potlood gesiggie met 'n strepie lip


Dinsdag 12 Mei 2015

Kolle & Splashes

Omo en Surf en sommer sunlight ook moet n bietjie n draai hier by my huis maak met daardie seep wat enige vuil merke uit kry.

Hierdie plaas kolle het n run vir hul money nodig ...

Ek sê julle dis n roesbruin vlek wat gewoontlik agter op hempies en broeke op my seuntjie se klere sit.
Nee dis nie net sand nie die is ook erg genoeg om uit te kry.

Soak werk nie, skrop ook nie!

En laat ek julle n storie oor skrop vertel.
* so paar maande terug koop ek splinternuwe beddegoed en begin my kind se kamer mooi maak.
Nou met die plekkie waarin ons bly is hier net hopeloos te min kas spasie, so die kaste is vol...
Elkgeval ekt van die goed in tasse onder en bo in my kind se kas gepak met die hoop niks word uitgegooi nie.

Ag, vlous ek myself goed !

Ek het te laat op die "Blou scene" afgekom waar my seuntjie blou verf op sy bed, gordyne en speelgoed laat splash splash mors het...(ja hier begin jou oë gewoontlik rek)
wat het ek gedoen?
Ek het dit probeer red alles afgeruk en begin skrop...en geskrop.
Dit was al aand en my kind het maar net onder n inner geslaap met kussings sonder slope. Ekt selfs gedreig dit gaan so bly forever!
So kwaad gewees die beddegoed was nog nie 3dae oud nie!

Briesend het ek agt uur die aand die geskropte beddegoed en als buite gaan hang.

Die volgende oggend sien ek.....

Ja dit het effe uit gekom maar ekt so hard geskrop om te "salvage" wat oor was dat die kleur uitgewas het. Letterlik wit geskropte merke op party plekke gelos.

Pleks ek vir my man geluister het want hyt gedink eks mal om dit te probeer red want waar kom lapverf nou uit lap uit?

Hy was reg, ek kon eerder vorms gevat het en ekstra patrone try maak het dan was daar nou meer blou en minder uitwas merke!

Nie dat dit swak Kwaliteit beddegoed is nie , O nee beslis nie maar in my determination om dit te red ....wel het ek klomp skoonmaak goed opmekaar probeer.

Potlood smiley met stywe tande

Nou sal julle my goed glo as ek by soak stop met daardie roes merk op seuntjie se klere lol.

Daardie advertensies oor tamatiesous wat uitwas oor die "detergent" so goed is.....ga glad nie so goed nie.
Bloed sal hulle nou wel nie op tv gebruik nie maar soos as my kind se neus bloei en dit kom op beddegoed. .......mission impossible !

Ekt n feeling vandag gaan lank wees

Potlood smiley

Oulike blogs ontdek

Almal gons oor die sarie blogs en nou ja ek het een van hulle toe nou gaan lees.

Dit is nogal oulik....nie dat my seunskind al 'n tiener is nie maar soms....net soms gedra hy hom asof hy enkele oomblikke van puberty af is.
Is dit hoe mens dit spel...vrek ek weet nie.

Ek dink hierdie is die link:

http://www.sarie.com/lewe-liefdes/my-kind/carollize-se-blog-daar-n-tiener-huis/

Downer of Inspirasie?

Oh my Word ek het sopas uitgevind hoe vrek baie mense blog. 

Ek het nog nie eens die hang of it gekry nie en dis supposed om my UITLATING te wees vir who knows everything.

So daar is cool mamma blogs op Sarie.com self en wordpress blogs en oral is net interessante leesgoed. 

Vir een of ander rede nog altyd glo ek dat ek eerder skryf as lees, mense en ek weet nie eers hoekom dit so is nie dit is net!

'n vriendin het al van my vorige skryfwerk basically evalueer soos 'n regte skool juffrou oor dit gekritiseer, en wel ek het probleme met grammer en met spelling en met taal so hoe sal ek nou vir Sarie 'n blog kan skryf.  Ek sien nogal hulle invite jou om jou idee van 'n blog vir hulle te stuur.

Ha ....as if I'm gonna do that.

So een ding wat ek definitief nie click nie is hoe lees jy net ander blogs op die blogger ding sonder om die actual URL thingy megic te moet intik. Dit is te ingewikkeld eks so old school en verstaan nie al die nuwe tegnologie ways nie.

Really !!!!

Ek moet sê ek is nogal trots op my paar posts tot nou toe, al was ek so ver die enigste een wat dit gelees het. 

Gedagte wat my nou byval : 'n gesprek met manlief gisteraant oor 'n werksaanbod wat ons eintlik al vergeet het van. Ek wonder net hoekom dit bly opkom....seker het die Here hier 'n doel.

Hoe weet mens egter ooit of jy die regte pad kies, die regte besluite neem. 

Okey laat ek die blog ding nog bietjie studeer 
Potlood smiley :-)

Onderstebo ...agterstevoor

So vandag het ek my dag heel andersom begin as normaalweg.
Gewoontlik sal ek die kombuis los vir heel laaste en dan is dit basically asof ek vir myself convince dat "okey nog net die kombuis " dan is die hele huis skoon.

NOT......ha haha ha in werklikheid maak dit my net moeg om te dink wat in die huis nog oor is om te doen.

Jig en om kos uit te dink ELKE LIEWE DAG wat 'n effort en ses....really eks kreatief minded en als maar dit is die pits om elke dag kos uit te dink en dan te hoop dit kom uit soos wat jy aan dit gedink het daardie prentjie wat jy vir jouself in die brein vorm.

Anyway so ekt vandag met die kombuis begin en sommer baie vinnig die res van die huis klaar gemaak , wasgoed op draad en als. Die dag is myne........Lets hope !

Eks lus om paptert te maak vir aandete maar dis klaar so mission en met my man en seun gaan dit nou nie so glad verby hulle slide as ek NET dit wil maak nie.

Sal maar nog moet brainstorm.

Bietjie gaan buite stap en die tuin nat gemaak mens kan sien die winter trek nader die gras lyk sommer so vaal, en die Hond soek ook heeltyd net die sonnetjie.

Vandag wil ek bietjie kyk watse ander mamma blogs en of afrikaanse blogs daar is, dalk lees ek iets interessant raak.

Potlood smiley :-)

Maandag 11 Mei 2015

Worries stres dinge

Ironies is dit nie alles waaroor ons n jaar terug bekommerd oor was is reeds uitgesort en reeds nie meer n worry nie.

Vandag het nuwe uitdagings ...so ons moet dit onthou dat selfs al voel die struikelblok onbreekbaar dit gaan stuk vir stuk breek en somehow kry ons n oplossing.

Gister se bekommernis kan dalk nog werklik vandag bestaan maar as jy kyk na waar jy na n paar maande of jaar al is ...het jy al soveel deurgemaak!

Keep on going...!!

Sondag 10 Mei 2015

Moedersdag waarheid uit 'n Fliek

So na my laaste post net voor Moedersdag die effense af en grys post...moet ek sê ek het iets nuut in my hart ontdek.

Dit is te danke aan die fliek: "Moms night out" nou as ek myself moet beskryf my tipe mens wat ek is as 'n ma.....mense dan is ek die hoofrol Alysin in die fliek.

Doen jouself 'n guns en kyk die fliek, veral as jy 'n ouer is!!! Dis funny ook, maar so so REAL.

Paranoois, gestres, heeltyd op my tone dis die tipe ma wat ek is, en alles wat in die fliek gebeur is soos presies wat ek die laaste tyd voel en deurgemaak het. Die emosies "die unhappy gevoel" en in 'n oomblik terwyl ons rustig die fliek kyk sê manlief vir my "is dit nie presies waaroor ons net eergister oor gepraat het nie".

Die besef dat dit okey is om 'n ma te wees, dis genoeg, dis okey as dit nie altyd reg verloop nie want dit kan nie.

Ekt 'n baie mooi boodskap pic op die internet op facebook ontdek ook in die laaste week (lykmy alles gebeur die maand met my diep binne in) so, laat ek gou my foon kry en die boodskap vir julle hier tik. Julle sal nie glo dat vir die ma's wat so "useless" soms kan voel watse tipe diepte dit kan inhou nie. Ek kry dit gou.....

----------------------------------------------------------------------------------------
"Your greatest contribution to the kingdom of God may not be something you do but someone you raise.
-----------------------------------------------------------------------------------------
Is dit nou nie WOW woorde nie?

Ek is so geseënd met 'n man wat werklik in my drome glo en dit wil help waarmaak, maar vir my en manlief se "sanity" moet ek maar vir eers skryf. Uitlating is soos regtig belangrik want as mamma nie happy is nie gaan die hele "home homy" feeling totally dissapear.

My Kamera dinge kom nog nie aan nie en alhoewel die boodskap van die fliek vir my so diep geraak het, gaan ek nie gou laatgaan van my eie drome nie. Dis nie selfsug nie dis net, ek wil dit en 'n ma en vrou kan wees,ek wil ook iets in die huis in bring wat nie noodwendig finansieël is nie maar wat betekenis het. Mamma doen dit.....deeltyds.  Jy weet so iets...iets wat ek skep iets wat ek bou, iets wat eie aan my is Pappa het sy werk en hy doen dit goed hy werk hard. Mamma is 'n mamma en sy wil ook goedvoel oor iets wat sy aanpak. Al mag dit dan nou net 'n side line projekkie wees ......oooo asb drome val in lyn nou gou.....

Mense is seker al moeg om te hoor van my drome want ek probeer al iets aan die go kry vanaf soos 2011 af.....kort na ek 'n mamma by die huis geword het.

Daar is my talent, maar daar is nie baie mark meer vir dit nie, whatever sê ek vir jou.  

Ek sal die hoop probeer lewendig hou ....en aanhou Glo !

So vir eers sal dit potlood smilies wees as ek groet en nog nie 'n kamera click nie.........ha ha ha.

Potlood smiley    :-o   :-) want die skottelgoed wag en wasgoed moet gedoen word.




Ek begin weer...

Hello Blog lesers: geskryf:  08/05/2015

So hoekom die naam" My Potlood en Kamera", wel dis waarmee ek die lewe deurstap. Ek love dit om met fotos te werk dit te neem dit op te jazz, en ek skryf baie graag.


Ek het besluit om weer te blog, ja ja ek het al 'n blog of page en al daai's probeer. Commit nie te lekker nie oor ek dalk vir myself te groot "high expectations" het. Anyway so 'n baie diep diep gesprek oor selfliefde en en respek vir dit wat jy is en wil wees met manlief gisteraant het my laat dink...dalk moet ek dan maar weer die blogging ding try.


Sonder om negatief te klink, don't be surprised as ek nie elke dag b l o g nie. Seuntjie is halfdag by skool die res van die tyd is dit bediende ma jy weet wasgoed wasgoed, skoonmaak en die goed wat net soos 'n sirkel aanhou draai.


Bietjie oor my; Eks dalk 'n gebore skrywer, nie die tipe wat noodwendig boeke laat publish en ryk word van dit nie. Nee been there tried that...


Mense sê altyd 'jis maar jy skryf 'n boek' pleks van 'n instant message pleks van 'n kort bbm ......oe en die vryheid van emaaaaaaiiiiiil. Love dit.


Eks getroud, jonk, lank al, en daars 'n liefde in my vir kreatiewe dinge in die lewe, kleurvolle dinge en gebeure, en tog.....kry ek my depro dae. Miskien is die skryf my uitlating who knows right? As tiener was die beste ding my dagboek syt even 'n naam gehad can u believe that.....maar ook so my grootste eie enemy geword. Oor en oor negatiewe goed wat uit my binneste neergesit is in die dagboek gelees en daaroor getop. Dalk erger geraak even, met tyd tot ek die guts gehad het om die ding te verbrand. My manier gewees om te "let go" Let it Go , Let it go (ha ha ha my kind love dai liedjie) waar was ek, o okey my manier dalk gewees om te let go van verlede dinge.


en nou skryf ek weer, wel ek blog weer......skryf nog my lewe lank - stories, gedigte, liedjies even getry, skryf, teken, neem fotos en mense het my brein nou vir jou 'n manier om dinge vas te hou.......like in forever memory!  Nie dat my forever memory my al ooit baie in die werks wêreld gehelp het nie maar nou ja.


Manlief se woorde "skryf iets real" so mense ek try, en nee ek tik nie net afrikaans nie en my komma en punte en spasies is nie perfek nie, want eks kreatief en nie Perfek nie......!!


Okey so ek moet dalk my cv vandag bietjie update vir die wis en onwis....want wie weet wanneer jy dit op die spot nodig het en dan moet jy letterlik kom sit en als eers update!


Potlood skribbel smiley ......o wag ek weet nie hoe om dit in te sit nie.




 Drome uit Droom Land geskryf:  09/05/2015


Dankie tog soms is dit net drome en mens kan wakker word.

Ander kere wanneer jy dalk amazing goed droom sal jy eerder dalk jou drome wou in jou lewe plaas iewers?
Ek kan dit nou nie 100% sê nie.

My drome is gewoontlik baie deurmekaar en oor ek hou daarvan om te weet wat dit in my onder bewussyn gesit het. ..het ek so oulike "dream meaning foon app"

Sonder om superstitious te klink maak baie van dit sense.

Vanoggend is ek baie bly dit was net n droom en dis n nuwe More !


Potlood smiley :-)


Moedersdag is naby, is ek bly? geskryf:  09/05/2015



Hier is nou vir jou 'n subject wat ek nie "worthy" of voel nie.


Soms is dit maar 'n warrelwind om 'n ouer te wees en mense sukkel ek vir jou met die balans van alles rondtom my.


Vandag 'n kaartjie by die skool juffie gekry wat nou met liefde van my seuntjie af is, en al waaraan ek dink is...is ek dit ooit werd.


'n besluit gemaak om even net al is dit 'n millimeter meer moeite te doen met seuntjie en dat ek byvoorbeeld sal meer "sag" as hard wys.


Streng mamma die sê mense altyd so kwaai so onnodig soms, ja ek stem probleem is ek weet nie aldag hoe om dit te verander nie die liewe lawwe heks jump in sodat ek nie "weak" lyk nie eks dan nou 'n ma. Maar na 'n paar geselsies met manlief het ek besef hys daar vir my en ons kind en soms is dit meer as okey om nie heeltyd te baklei stry en kwaad te word nie. 'n kind het sag liefde ook nodig en selfs al voel ek dit en my liefde is onbeskryflik groot vir hom wys ek dit nie te gereeld nie.


So te danke aan my man wat altyd so diep mooi met my gesels...weet ek nou ek gaan meer moeite doen om ook sag liefde te wys ...want al voel ek dit wat ek voel diep in my hart kan so kleine mini mannetjie dit mos nou nie weet of sien nie.


Moeders dis nie maklik nie , maar dit hoef nie altyd moeilik gemaak te word nie. Give yourself some love, some credit....ek weet ek moet ! Sodat ek dit in return weer kan terug gee.


Potlood smiley met 'n roos, (kan mens op die ding teken ??? dit moet ek nog uitfigure)