Woensdag 24 Junie 2015

Hou aan DROOM!

Net gister deur die woorde van 'n afrikaanse liedjie is my drome weer aangewakker.

My FOTO drome.

Ek het nou so bietjie gaan oplees by Fotoskool en by DPC Photography en net weer bietjie die vuurtjie weer aan die brand gesteek, want so gou in mens se lewe is mens op die randjie om net te vergeet en net op te gee op iets of iemand wat alles vir jou is en wat sin maak, in jou binneste.

Fotografie maak vir my sin, in my binneste, oor en uit en klaar maak nie saak hoeveel keer ek wegkyk nie, ek kan myself nie insien iets anders as 'n beroep najaag nie.

Want wat anders sal ek so genot uit kan put ...?

Ek moet bieg buiten my foon wat heel orait fotos neem het ek vreeslik lanklaas my kamera gebruik, een wat ek as 'n verjaarsdag persent by Manlief vir een van my verjaarsdae gekry het heelwat jare terug. Dit is 'n digitale Kodak met 'n 10 zoom. Ek het nie 'n clue hoe om die ding te beskryf nie en ek glo dit is tien teen een baie duidelik.

***Nou dat ek daaraan dink, ek het nie die vaagste benul eers waar daardie kamera is nie.

Tot nou het ek maar fotos vir vriende of my eie fotos (wat geneem is met my foon) ge-edit en mee gespeel en my editing skills verbeter.

Nou lees ek hierdie interessante post oor 'n man wat vir 'n kursus gegaan het en na dit het sy liefde vir fotografie so versterk en so verbeter....en hy sê boonop dat hy miskien met 'n kamera in sy hand gebore moes wees, maar hy werk vir 'n IT plek. 

Dis een ding wat my "baffle" oor die samelewing van ons ontdek ons drome so laat in ons lewe , van ons ontdek 'n droom bewaarheid dit en skep nuwe drome, en die ander van ons MIS dit om te droom.

DIE LIEDJIE; Aanhou om aan te hou; Juanita Du Plessis....LUISTER DIT MENSE !!! (wyse woorde in hierdie song)


FOTOGRAFIE LINK: http://digitalphotographycourses.co.za/photography-as-art-an-interpretation-by-kevin-richards/


Potlood......nee
wag....
Kamera oog click


Links

http://leerkookmetjoumikrogolf.weebly.com/koekresepte

Potlood smiley

Wortelkoek Mikrogolf

LEKKER WORTEL EN PIESANG MIKROGOLF KOEK:
Sif saam:
350 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
3 ml sout
Voeg by:
250 ml bruin suiker
250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
125 ml piesang – fyn gedruk
250 ml gerasperde wortel
150 ml olie
25 ml water
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
SO MAAK JY:
Meng als saam.
Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak.
Sit in mikrogolfoond vir 11 – 14 minute op
medium.
Laat afkoel.
Versier met roomkaas & versiersuiker:
37,5 ml margarien
250 ml versiersuiker
50 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Meng saam en versier koek.·

Sondag 14 Junie 2015

Mmallow Melktert

Ek het hierdie resep op facebook via die Bak en Brou klub gekry;

Die finale gedeelte het ek my eie twist bygesit.

Bak-en-brou-klub
MAKLIKE MELKTERT
Melk en bietjie meel, eiers en suiker is al wat
nodig is om ’n korslose melktert te bak.
Bestanddele:
250ml Suiker
5 ml bakpoeier
30 ml margarien
250 ml koekmeel
3 ml sout
5 ml vanieljegeursel
1 Koppie melk
2 eiers
Metode:
Smelt die margarien en voeg die suiker en
eiergele by
Meng die droë bestanddele met die melk en die
vanieljegeursel
Voeg alles bymekaar.
Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.
Bak in ’n gesmeerde tertbord by 180 grade Celsius
tot die tert begin stol.
THE WORKING WIFE

Ek het kaneel bo op gesprinkel en baba marshmallows oor gegooi (nie te veel nie want het gewonder hoe kaneel en marshmallows sou smaak)
Dit bietjie laat grill aan die bo kant....

Eindproduk was bietjie Te Gaar amper soos klam koek maar steeds baie Njummies !

Potlood smiley lek lippie af

Donderdag 11 Junie 2015

Vroeë Krismis ....Idees

Ek het vroeër die maand genoem dat ek alreeds besig is om Kersfees idees bymekaar te maak.
Nie dat ek weet of dit ooit help nie, kan hoegenaamd nie onthou of ek iets al vantevore as 'n "idee" ontdek het in Junie al en steeds gebruik het in Desember as geskenke idee nie.

Maar in elkgeval ek het van die prentjies gesave, en dink dit is nogal oulike persente idees.

* Iets wat jy kan gebruik
* Iets moois
* Iets lekker


Ek sal later weer links opsit ek het hierdie all over die internet gekry.....G☺☺g l E .....

Ek wonder wat sou 'n afrikaans TROTS afrikaanse google naam gewees het.....Goegel, Koekeloer.....wha ha ha ha ha

WE Google.....EVERYTHING !!! I do....

Eks nie 'n groot fan van die tegnologie wat alewig om ons aan die verander is nie maar ek love dit dat ek ON THE GO kan BLOG en ek Looooooove dit as ek iets soek en ek kan dit goegel.



Veter Vas -Skoen vasmaak gediggie

Vandag het ek weer tyd gemaak vir 'n skool lessie by die huis vir my seuntjie.

"Ons" leer nog skoene vas maak so ek het prentjies op die net gekry van 'n skoen se voorkant en dit gebruik as voorbeeld.

Met dit en lint het ek vandag "skoen vasmaak veter" training basically gegee. Die skoen is op die bladsy geteken en die linte aan weerskante vas waarop hy kon oefen om die veter vas en los te maak.

Om dit interessant te maak het ek gedink wat beter as 'n "karakter" wat ons met die hele ding kan help (want my geduld is te min om als op myself te neem)

Ek het vir hom 'n hasie geteken en die gediggie langsaan geskryf.

So ek het die recorder op die foon gebruik my stem "weird en funny" laat klink en 'n gediggie geskryf vir die hele VETERS VAS MAAK les vandag.

Komieklik verby: my kind vra vir my is dit ek- ABSOLUUT NIE (ha ha ha ha so 'n wit leuntjie)
Dit is die Hasie wat die kinders leer veters vasmaak. Vertel ek met alle hoop dat ek "convincing genoeg is.

Ha ha ha
So hier is die gediggie indien iemand dit wil leen of "share".
Ek add vir julle die prentjies ook.

Vas Veter Vas 

Vas veter vas moet jy
Kruis paaie loop 
moenie wegglip van my

Spring in die gat
Daar's 'n hasie in die pad

Vas veter vas 
Rondtomtalie verby die hasie
Vas
Vas Veter vas Is jy !

© My Potlood en Kamera blog 



Tot my verbasing het van die rympie se woorde in die aanhoudend ontwikkelende breintjie van my seuntjie vasgehaak......en so

"Vas veter vas.....gaan slaap hy.

Of hy nou al beter veters vasmaak, wel......"its gonna take some repeat, repeat, en nou het ek 'n opgemaakte karakter om my te help!






Saterdag 06 Junie 2015

Jamtertjie my eie weergawe º

My selfoon is nou ook vol eierwit wat hard geword het...vandat my resepte boeke weggeraak het google ek maar resepte...hierdie onderste een is n kombinasie van twee resepte;

Ek sit vir julle n foto by van my eindproduk

O en ek het myne in muffin pannetjies gedoen.

KONFYTTERTJIES
190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.
Stel die oond op 180 Grade C. Room
die suiker en margarien saam.
Voeg die eiers by en klits goed
todat mengsel liggeel en skuimerig
is. Voeg die meelblom, bakpoeier en
'n paar
druppels vanielje by. Rol deeg in
klein balletjies en plaas op
gesmeerde bakplaat - ongeveer 5
cm.uit mekaar. Maak 'n klein holte
in die middel van die deeg en drup
'n klein bietjie konfyt
daarin. Bak in 'n matige oond tot
ligbruin.

Bolaag: Klits 2 eierwitte tot sagte punte vorm.
Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl
aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en
vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n
spuitsak en spuit rosies bo-op die
appelkooskonfyt, of smeer oor die
appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die
voorverhitte oond of tot die punte van die rosies
begin verkleur.

Potlood smiley tongetjie uit

Vrydag 05 Junie 2015

Kyk wat sien ek....

http://www.funwithmama.com/bubblegum-tablet-review/

https://www.facebook.com/BubblegumTablets

https://www.facebook.com/funwithmama


Winskoop of 'n.....dat (dut?)


Ek weet nie of dit net ons sn is nie maar eks seker ons het 'n dat(nie 'n clue hoe mens dit spel nie want dis plat afrikaans of dalk even duits of engels?)...
Ons het die ander dag by mense by my man se werk spotgoedkoop skoonmaak middels gekoop.
Toe ek die bad die eerste keer met die "reject" middel was sien ek dit is verdun met water of iets en dit het die hoogste amoniak reuk wat ek so nie kan hanteer nie. 
Juis daarom vat ek gewoontlik die Cream Handy Andy in winkels want dit het nie die skerp reuk nie.
Eks nogal iefie wat dit aanbetref nog altyd 'n baie sterk "sense of smell" !
Verpes dit om mayonaise of Mosterd sous wat in 'n bak of bord was die volgende dag te moet was....raak sommer naar om net daaraan te dink. Kan nie skerp Amoniak reuke hanteer nie en ook nie sekere wierook nie. 
Die baie lekker toiletspray wat ek het wat ek lekker oral in die huis gebruik oor dit so "lovely" reuk het ....laat my neus ook juk. (as dit dit is....anders moet ek nog uitfigure wat dit is)

So vanoggend bad ek toe nou in my skoon bad wat ek met die "dat" skoonmaak middel gewas het en dis so glibberig ek gly heeltyd en kan skaars gewas kry sonder om te hoef keer dat ek nie omrol nie. 
ha ha ha Ja funny nê...
Probleem is ek hoop eintlik net daardie skoonmaak middel was 'n "dat" want ek het heelwat aangekoop en moet die ander goed nog oopmaak en begin gebruik. Hoop nie alles het so sterk reuk en water iets in nie.

My ma het juis gedink syt uitgemis op 'n winskoop....Ek glo nie sy het nie.

Ek het so friecken baie wasgoed om vandag gedoen te kry en dis letterlik vriesend koud buite sal seker 'n uur lank die bondels wat reeds op die draad is moet los met die HOOP dat dit actually gaan droog wees sodat ek die res op die draad kan kry. 

Vandag wil ek gou ook tussen dit als tyd maak vir "research" .... drie goed,
1. Wat kan ek nog my seuntjie leer met ons "skool lessie" by huis want die ABC is gecover.
2. Die Bubblegum Tablet 
3. 'n Kersfees idee wat reeds in my gedagtes begin vorm het.....wil 'n nice prentjie kry van dit via GOOGLE. 

Gepraat van produkte ek sit nou en eet "peppermint crisp" tert wat ek met Orley Whip moes maak aangesien die WONDERLIKE dorp weer nie stock gehad het nie.....van vars room nie.
Nou wat ek geleer het van hierdie "plaas vervanger" room is dat dit wel baie meer mengsel maak maar dit is soos ERG creamy,,,,tooo creamy for me! So opgeblaas wind vol creamy...
Anyway so dag later in die yskas ....en nou geniet ek dit meer, want ek verkies actually die resep met normale vars room. Het ek dit wel gehad om te gebruik, dan was daar seker nie eers meer tert OOR nie.

Okey ek het baie om te doen ek BLOG weer oor so paar dae

Donderdag 04 Junie 2015

Link- Tv series

Dit is al een uur die middag en net netnou was ek besig om te blog oor die son wat uit is...en ek was besig om "Jane the Virgin" tv series te geniet.

More is vrydag,,,,mense tensy ek die pot heeltemal mis sit...(ek check gou op my foon)

Jip vandag is donderdag....

http://www.tv.com/shows/jane-the-virgin/watch/




Hierdie land...

Sjoe dis bitter koud ❄ selfs by ons, ons wat 75% van die tyd hitte ervaar.
Voor ek terug getrek het kon ek nie eens die hitte "handle" nie nou kan ek darem baie meer, miskien was daar 'n geestelike probleem wat binnetoe gedring het en dis dalk hoekom ek vantevore nie hier kon of wou bly nie. Let wel ; Nogsteeds nie mal oor die plek nie!

Elkgeval ek dink toe nou net hoe my vingers gaan afvries as ek moet gaan wasgoed ophang, want die sonnetjie is uit maar die lug is redelik koud gewees vroeër.
Even al het my tuimbledryer gewerk (die een wat ek SELF garage toe gesleep het) sou dit my niks help nie want in vandag se tyd, wel ...jy gaan of 'n HENGSE krag rekening hê of dalk nie eers krag hê om MEE te begin nie.......!Punt

☼ So die son is uit en eks baie bly  ☼

Ek sort my wasgoed en dinge uit maak die huis skoon en walla "NO WATER" OKEY so nou kan ek blog ek kan nie wasgoed was nie.

Yeah....ek kry die potlood smileys reg....LoL

☺ (So nie geweet dis so maklik nie (Alt + 1) really?


http://www.alt-codes.net/

Link

http://www.thebettermom.com/2014/03/16/dear-mom-battling-anxiety/

Woensdag 03 Junie 2015

Onlangs


KOS; Boontjie sop

MUSIEK;  Johan C Venter - met jou hart
Manie Jackson - Onthou my (wat op Enelbert Humperdinck se stay with me liedjie se wysie gedoen is)

MOVIE: Divergent (ek kan nie wag om die volgende een te sien nie diè se naam gaan Insurgent wees...of so iets het ek gelees.

FLIEKS: Die nuutste Avengers fliek.....wat kan ek sê hulle het die fliek all over die aardbol geskiet selfs n gedeelte in sa.

Dinsdag 02 Junie 2015

Dream meaning soos vanaf my app

Pregnancy Test

To dream that you are taking a pregnancy test indicates that you are entering a new phase in your life (a new job, relationship, etc.) You feel that you are being put to the test as to whether you are prepared or ready for these changes. Alternatively, this dream may be literal in meaning and address your anxieties/fears of getting pregnant.

Ek het gedroom van n positiewe swangerskap toets ! Babas in jou drome het iets te doen met n nuwe begin so ek neem aan die toets het iets te doen met ...die regte pad ?

Die app wat ek het;DreamMoods App

Potlood smiley

Turquoise See

So week terug let ek op dat my badkamer soos die reënboog nasie homself lyk....en sit dadelik "n nuwe badkamer stel" op my lysie.

My lysies is hoe ek by dinge uitkom wat ek soms van vergeet en tog in die aande wakker oor lê.

Al die dingetjies wat ek wil doen...en wil verander.

Dit is asof ek in n bachelors woonstel bly die oopplan tipe en asof ek wou seker maak alles match iewers. Want goodness alles is see blouerig en lig groen.

Werklik

Dis weird....

My kombuis is wel...silwer en turquoise maar dis die donker see blou groen kleur. Bypassende lappies en vaddoeke en lig groen bakke en utinsels.

Ons eetkamer is swart en wit en turquoise.

Die sitkamer is bruin, cream en swart en een of ander jaar toe ek wou kleur inbring ....turquoise. Jip turquoise bank lappies en blomme in die vase.  Lig groen fan so twee jaar terug gekoop wat ook in die sitkamer staan. Baie modern maar weereens die match match kleure.

My skoonma help my toe die naweek en ek kry as persent n nuwe badkamer stel.....blou amper n ligter turquoise en lig groen.

Seuna se kamer was ook lig groen tot vroër die jaar toe ek vir hom denim blou beddegoed koop. Na die verf spektakel het hy nou n lig groen gordyn daarby....weer op.

My hoofslaap kamer is al vir jare aan een oranje, wynrooi en goud en bruin.

Sjoe mense my huis kort n makeover van iemand wat nie turquoise mal is nie.

Potlood smiley
turquoise ogies LoL