Dinsdag 15 September 2015

Blaf

Nou vandat my hond n puppy was tot nou al so paar maande later....het hy die gewoonte om te blaf as hy homself sien.

Ek moet net lag as dit gebeur want ek glo baie van ons blaf soms as ons in die spieël kyk.

Ekt al die trick aan geleer as dit nie tyd is vir regtig mooi maak nie ...dan vermy ek die spieël.

Gelukkig anders as my bekkige brak blaf ek nie vir myself in die yskas skaduwee, of die terug beeld in die oond venster nie.....wha ha ha ha.

Hy wil net kom kyk watse kos hy ruik en dan hoor mens hoe hy knor vir "daai ander een" wat ook aangestap kom.

Vermy die spieël tot jy nie hoef te blaf vir wat jy sien nie !

Potlood smiley

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking