Donderdag 27 Augustus 2015

Maer wees...Great!

Die ding oor maer wees...

Daar is 'n ding wat flam vat daar buite, dit is om 'n voller figuur lief te kan hê. Okey ek stem mense moet nie so "dit en dat" oor gewig nie.

Ek het egter steeds my eie opinie daaroor aangesien ek maar nog altyd maer is.

Wonder of daardie miljoene vrouens en mense wat oordeel op gewig weet dat dit ELKGEVAL NIE die greatste ding is om maer te wees nie.
Eerstens dink hulle jy kan dan aantrek wat jy wil.....uh nee.....toe nie. Jy's as 'n maer gat gewoontlik tussen sizes en bloese lyk soos sakke of hempies lyk soos tiener klere. Nee nie altyd so great om maer te wees nie.

Dan sê die stereotipe dat Maer vrouens mooier is en lyk in hulle klere.
I don't think so, as jy ge-gym het vir jou lyf....dan het jy gewerk vir dit , maar iemand met 'n slanke liggaam gebore is nie noodwendig mooier gebou of iets soos dit nie. Ek weet uit eie experience uit dat "ja klere is selfs vir die maerder figuur" 'n issue.
Ek haat dit om te hoor hoe die stereotipes altyd so "jealous" is oor maer meisies, en vrouens. Maer vrouens is nie modelle nie, hulle is either so gebore en laat staan en kan mooi niks doen vir 'n ekstra bietjie lyf nie of, hul het dit so gekry deur harde gym werk of dit is letterlik "werk wat aan hulle gedoen is".
Iets wat ek baie hoor as mense my sien is ...."Jy's so maer, sjoe jy weer gewig verloor".
EEt jy slaai vir 'n lewe?
Neeeeeeeee ! Maar ja ek hou van gesond eet, en ek LOVE slaai.
Dis 'n keuse oor kos nie oor om maer te bly nie.

I mean really ek sê nie vir die voller figuur " Jo maar jy's so vet nie,..."
Hoekom is dit okey om versigtig te wees met die voller figuur maar almal betrap die maerder slanker mense.

Net soos dit is met hare, as jy krul hare het wil jy graag weet hoe dit lyk as dit straight is, as jy reguit hare het waarmee jy so baie reeds kan doen, "vrek" jy om te weet hoe egte krulle jou voorkoms sal raak.

Dis 'n two way ding hierdie gewig ding..... ...... dis nie net die oorgewig, molliges of voller figuur wat dit alleen voel nie. Die maer, ou slanke , plankie vrouens voel dit ook!
Try maar as 'n slanke vrou gewig aansit, jy kan nie kies waar daardie voller vetjie gaan val nie hoor......dis either op jou maag of jou boude of waar ookal jy dit nie wou hê nie. Nes 'n voller vrou wat gewig try afskud,,,,, mens ons almal sit met dieselfde gewig, en liggaam issues.

Time to love ourselves .....
Wat het God jou gemaak ? Wees lief vir dit.....werk met dit.

Ek self kan nie sommer gewig op tel nie eks een van die lucky vrouens wat goed lyk in JEANS....ha ha eks ook een van die maerder vrouens wat nie met boesems geseën is nie iets wat meer voller figure het om van te praat.

So daar het jy dit.....Slanker , en maerder , MOENIE ons afkraak nie.

Ons het ook net wat ons het!!! (dis nou tensy jy werk laat doen, en dis heeltemal 'n ander stereotipe wat nie met gebore maer vrouens hoef vergelyk te word nie)
Dans met wat jy het, verander dit in die mooiste in wat jy voor kan lief wees, en as jy eet asof dit uit die mode gaan dan gaan jy ook uit die mode uit vir jouself. Dis nie die volgende "maer gat" se skuld nie.

Potlood :-)....dans susters

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking