Maandag 06 Julie 2015

RESEP

WORTEL PIESANG KOEK
250 ml suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute

Verhit oond tot 180ºC.

Klits suiker, olie + eiers
goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda
saam en meng met suikermengsel. Voeg
piesangmoes, wortels en neute(neute crush nie maklik nie)
by en meng
liggies. Skep in panne en maak gelyk.
Bak 25 ‑
35 minute in laagkoekpanne of 45 ‑ 55 minute in
vierkantige pan.
Keer versigtig uit.
Vul en
versier met roomkaasversiering.

Hou koek in
koelkas. Koek vries baie goed.

Versiersuiker
Botter
Room kaas
Vanielje
Lemoen (rasper)

**myne was te loperig toe trek ek my koek met wit fondant oor en die roomkaas binne in was vreeslik lekker.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking