Donderdag 02 Julie 2015

Vrese wat mens VRIES

EXACTLY net dit.

In van my vorige posts het ek genoem dat ek nie vreeslik mal oor die dorp is waarin ons bly nie, nevermind die toestand waarin ons land is nie, en ek het self al gesien hoe ek deur my vrese gekeer word om te lewe.Dit is asof ek besluit het, wel ek hou nie van die plek nie so ek gaan niks planne maak terwyl ek hier is nie, ek gaan niks drome na jaag nie, en ek wag op die volgende chapter....

Geen wonder my vrese het my gevries nie.

Nie net vrese nie maar ook dinge wat ek nie NOU kan verander nie, en ja ek is een van daardie mense wat DINGE NOU wil verander of ek raak bietjies bietjies mal.

Wat ek egter agtergekom het is hoe dieper ek in my vrese stilstaan hoe langer vat dit om daar uit te kom , hoe langer vat dit om weer te GLO en te VERTROU.

Ek moet en ONS moet aanhou lewe al het ons vrese, al werk dinge nie altyd uit nie, al kan ons nie ALLES WAT ONS WIL DADELIK VERANDER nie.

So baie dinge staan in my lewe stil omdat ek al gevries het in my vrese....te bang vir die volgende move want WAT AS dit die verkeerde move is of wat as ......

WEL WAT AS......dan is dit maar wat dit is want mens moet aanhou lewe en die lewe gaan oor kanse vat.

'n boek wat ek het "Hou op Stres"(Elizabeth George boek) sê in die een gedeelte dat die Bybel sê mens mag nie bekommerd wees nie want God sorg vir die dag van more. Dan skryf die skrywer dat indien jy bekommerd is jy net bekommerd moet wees of jou wil in lyn is met God se plan. Dit is al wanneer jy kan seker maak en bietjie bekommernis toon.

die res.....wel jy moet regte egte VERTROUE hê, iets wat ek reeds verloor het in die tyd wat ek al begin VRIES HET, so vir nou moet my vrese eers "defrost" sodat ek weer kan droom en actually glo , en lewe al het ek VRESE !!!!! Want sure ek haal asem en ek doen wat ek moet en ek is hier, maar ek maak planne vir 'n "ander dag en tyd" nie vir nou nie, nie iets wat ek nou kan aanpak nie. Ek wag op iets.....seker beter dae-----en dit moet nie so wees nie. Mens moet lewe en die beste doen wat jy kan, en kanse waag ...en daar gaan definitief dinge kom want moeiliker gaan wees om te "face" en selfs goed wees wat nie nou kan gedoen word nie maar dit moenie mens so mismoedig maak dat mens net wil stilstaan nie. Slippery slide tot by die volgende excitement wat jy in jou lewe kan skep dan.....(soos ek die woorde tik moet ek dit vir myself OOK IN NEEM.....glo my eks net 'n feilbare mens soos die een wat nou hier lees)

Al vat dit jou om jouself te herhinner, doen dit dan!

n Christelike skrywer skryf; Jy moet die Here ken nie vir wat hy vir jou kan doen nie maar vir wat hy vir jou is.(Alida)

***As iemand vandag hierdie post lees en diep binne voel soos ek vandag, sal ek ook aan julle dink en mag ons dan ontvries, sodat ons kan aanbeweeg en drome na jaag en dinge doen al werk alles nie volgens ons plan DADELIK uit nie, en al het ons vrese in die lewe.

Lets just let it be,,.,,,,Leef net!

☻♥

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking