Sondag 26 Julie 2015

Stort jou hart uit-Jy sal weet wanneer jy MOET

Dis great as mens iemand het by wie jy al jou harts dinge kan vertrou.

Mens kom op n punt waar jy nie eers woorde meer het vir hoe jy voel nie, onseker, huiwerend, bang, alle negatiewe land op jou soos n bom.

TICK tick tick tot jy van jou sinne beroof is , alleen voel, voel daar is geen oplossings nie.
Ka-boom en dis die dag wat dit bars.

Ander dae glimlag jy en dit lyk of niks jou pla nie, NET DIE HERE KEN JOU HART

Partymal het mens n heart to heart nodig met iemand wat nie net hoor nie maar luister. Iemand wat jou dieptes verstaan....

Soms is dit nodig om die heart to heart met jouself ook te hê. Skryf dit neer , lees dit op....soul search voor die kanon ontplof.

Diep binne jou probeer jy nog die lig raaksien diep in jou is iets wat nog Glo...glo in n beter jy, glo in Ek Kan !
Glo in oplossings wat nog kom...

Ek sê nie mens moet n trane dal splatter elke keer wat jy emosioneel met iemand praat nie.....nee ! Maar daar kom n tyd wat dinge binne jou ,jou begin skeur, jou keer, jy nie meer wil voel nie, dis dan
Wat jy moet praat en jou hart uit stort, by die Here, met jouself...en ook daardie een persoon !

As jy nie weet of daar so persoon in jou lewe bestaan nie... gee die persoon kans om daardie persoon vir jou te word..  te wees! JY laat mense in, jy laat mense toe , Jy!

Doen dit ! GEE dit

Na jy jou hart uit gestort het behoort jy weer kans te sien om jou hande voor jou gesig die mure in jou pad te laat sak, sodat daardie iets in jou wat die lig wil sien... dit weer kan sien !

Praat diep, huil hard, stort dit uit sodat dit jou nie van binne meer kan vergiftig nie.

Wees bly jy lewe, daardie lig is op jou pad en jy kan dit sien !!!

Oplossings wat jy self nie eers aan dink nie is reeds in plek , en jy moet die pad na die lig toe stap. Jy moet eerste die mure laat sak, die tree gee, die Vertroue hê ♥

Fotos geleen vanaf facebook blaaie

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking