Dinsdag 11 Augustus 2015

Genade vir elke oomblik

Vandag n stukkie geleen uit : Genade vir elke oomblik
Solly Ozrovech

Gebed verwoord behoeftes

Volhard in gebed -Romeine 12:12

Hoe groter jou nood hoe ernstiger is jou gebede gewoontlik.  God weet egter van elke nood voordat jy dit aan Hom voorlê.

Wanneer jy bid moet jy steeds sensitief bly oor wat God van jou verwag.  Hy vereis dikwels jou samewerking in die beantwoording van jou gebed.

As jy hunker na vriendskap,vra dat God aan jou n vriendelike gesindheid sal gee. Dan sal jy skielik ontdek dat jy nuwe vriende maak.

Die gesprek met God is dikwels die weg waarlangs die Heilige Gees jou wil lei tot die ontdekking van oplossings.

Daar is egter gebede waarin jy geen bydrae kan maak tot hulle verhoring nie. Hulle moet jy in kinderlike geloof aan God voorlê en in sy hande laat. Wees wakker sodat jy die vervulling sal eien wanneer dit kom.

Gebed: Here help my om, deur sensitief te wees vir u stem, by te dra tot die beantwoording van my gebede. Amen.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking