Woensdag 24 Junie 2015

Hou aan DROOM!

Net gister deur die woorde van 'n afrikaanse liedjie is my drome weer aangewakker.

My FOTO drome.

Ek het nou so bietjie gaan oplees by Fotoskool en by DPC Photography en net weer bietjie die vuurtjie weer aan die brand gesteek, want so gou in mens se lewe is mens op die randjie om net te vergeet en net op te gee op iets of iemand wat alles vir jou is en wat sin maak, in jou binneste.

Fotografie maak vir my sin, in my binneste, oor en uit en klaar maak nie saak hoeveel keer ek wegkyk nie, ek kan myself nie insien iets anders as 'n beroep najaag nie.

Want wat anders sal ek so genot uit kan put ...?

Ek moet bieg buiten my foon wat heel orait fotos neem het ek vreeslik lanklaas my kamera gebruik, een wat ek as 'n verjaarsdag persent by Manlief vir een van my verjaarsdae gekry het heelwat jare terug. Dit is 'n digitale Kodak met 'n 10 zoom. Ek het nie 'n clue hoe om die ding te beskryf nie en ek glo dit is tien teen een baie duidelik.

***Nou dat ek daaraan dink, ek het nie die vaagste benul eers waar daardie kamera is nie.

Tot nou het ek maar fotos vir vriende of my eie fotos (wat geneem is met my foon) ge-edit en mee gespeel en my editing skills verbeter.

Nou lees ek hierdie interessante post oor 'n man wat vir 'n kursus gegaan het en na dit het sy liefde vir fotografie so versterk en so verbeter....en hy sê boonop dat hy miskien met 'n kamera in sy hand gebore moes wees, maar hy werk vir 'n IT plek. 

Dis een ding wat my "baffle" oor die samelewing van ons ontdek ons drome so laat in ons lewe , van ons ontdek 'n droom bewaarheid dit en skep nuwe drome, en die ander van ons MIS dit om te droom.

DIE LIEDJIE; Aanhou om aan te hou; Juanita Du Plessis....LUISTER DIT MENSE !!! (wyse woorde in hierdie song)


FOTOGRAFIE LINK: http://digitalphotographycourses.co.za/photography-as-art-an-interpretation-by-kevin-richards/


Potlood......nee
wag....
Kamera oog click


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking