Sondag 01 November 2015

ONLANGS

Spinasie met Lemoen Chai-Hoender.

Dit was nou vir jou iets anders.

Dit vat net lank en my hele kombuis was vuil na die tyd.

Ek het nooit al die bestandele wat die resepte sê mens moet gebruik nie maar gelukkig flop my plaas vervangers nie ALTYD nie.

Lemoen Chai Hoender

Hoender in chunks gesny
Ziploc sakkie
Meng lemoen sap (ekt vars lemoene uitgedruk) 2 koppies
Hoender spices
knoffel
Rooi Peper(baie min)
Kwart koppie Suurlemoen sap
Kwart koppie asyn.
Maak seker dat die sous die hoender goed bedek en seel sakkie.
Draai sakkie kort kort 30min

Gooi als oor in pan en braai hoender tot gaar (dis as jy nie die deep fry metode gebruik nie)....sien onder.

Resep op internet sê jy moet dan die hoender uithaal stuk vir stuk en in eier doop en dan in "cornstarch" ( ek het maizina gebruik.  En my hoender gelyk gedoop en gerol in maizina meel.
Dis messy maar nou ja !

Dan moet mens dit deep fry ! Ek het myne in n non stick pan gebraai met olyf olie.

Dit was baie sout soet suur lekker tai hoender. Vir smaak het ek chutney en bietjie sout bygesit in pan.

Myne het ek bedien met spinasie (room aartappel eier spinasie) en dit was heerlik !

Potlood smiley

Dinsdag 15 September 2015

Blaf

Nou vandat my hond n puppy was tot nou al so paar maande later....het hy die gewoonte om te blaf as hy homself sien.

Ek moet net lag as dit gebeur want ek glo baie van ons blaf soms as ons in die spieël kyk.

Ekt al die trick aan geleer as dit nie tyd is vir regtig mooi maak nie ...dan vermy ek die spieël.

Gelukkig anders as my bekkige brak blaf ek nie vir myself in die yskas skaduwee, of die terug beeld in die oond venster nie.....wha ha ha ha.

Hy wil net kom kyk watse kos hy ruik en dan hoor mens hoe hy knor vir "daai ander een" wat ook aangestap kom.

Vermy die spieël tot jy nie hoef te blaf vir wat jy sien nie !

Potlood smiley

Donderdag 27 Augustus 2015

Maer wees...Great!

Die ding oor maer wees...

Daar is 'n ding wat flam vat daar buite, dit is om 'n voller figuur lief te kan hê. Okey ek stem mense moet nie so "dit en dat" oor gewig nie.

Ek het egter steeds my eie opinie daaroor aangesien ek maar nog altyd maer is.

Wonder of daardie miljoene vrouens en mense wat oordeel op gewig weet dat dit ELKGEVAL NIE die greatste ding is om maer te wees nie.
Eerstens dink hulle jy kan dan aantrek wat jy wil.....uh nee.....toe nie. Jy's as 'n maer gat gewoontlik tussen sizes en bloese lyk soos sakke of hempies lyk soos tiener klere. Nee nie altyd so great om maer te wees nie.

Dan sê die stereotipe dat Maer vrouens mooier is en lyk in hulle klere.
I don't think so, as jy ge-gym het vir jou lyf....dan het jy gewerk vir dit , maar iemand met 'n slanke liggaam gebore is nie noodwendig mooier gebou of iets soos dit nie. Ek weet uit eie experience uit dat "ja klere is selfs vir die maerder figuur" 'n issue.
Ek haat dit om te hoor hoe die stereotipes altyd so "jealous" is oor maer meisies, en vrouens. Maer vrouens is nie modelle nie, hulle is either so gebore en laat staan en kan mooi niks doen vir 'n ekstra bietjie lyf nie of, hul het dit so gekry deur harde gym werk of dit is letterlik "werk wat aan hulle gedoen is".
Iets wat ek baie hoor as mense my sien is ...."Jy's so maer, sjoe jy weer gewig verloor".
EEt jy slaai vir 'n lewe?
Neeeeeeeee ! Maar ja ek hou van gesond eet, en ek LOVE slaai.
Dis 'n keuse oor kos nie oor om maer te bly nie.

I mean really ek sê nie vir die voller figuur " Jo maar jy's so vet nie,..."
Hoekom is dit okey om versigtig te wees met die voller figuur maar almal betrap die maerder slanker mense.

Net soos dit is met hare, as jy krul hare het wil jy graag weet hoe dit lyk as dit straight is, as jy reguit hare het waarmee jy so baie reeds kan doen, "vrek" jy om te weet hoe egte krulle jou voorkoms sal raak.

Dis 'n two way ding hierdie gewig ding..... ...... dis nie net die oorgewig, molliges of voller figuur wat dit alleen voel nie. Die maer, ou slanke , plankie vrouens voel dit ook!
Try maar as 'n slanke vrou gewig aansit, jy kan nie kies waar daardie voller vetjie gaan val nie hoor......dis either op jou maag of jou boude of waar ookal jy dit nie wou hê nie. Nes 'n voller vrou wat gewig try afskud,,,,, mens ons almal sit met dieselfde gewig, en liggaam issues.

Time to love ourselves .....
Wat het God jou gemaak ? Wees lief vir dit.....werk met dit.

Ek self kan nie sommer gewig op tel nie eks een van die lucky vrouens wat goed lyk in JEANS....ha ha eks ook een van die maerder vrouens wat nie met boesems geseën is nie iets wat meer voller figure het om van te praat.

So daar het jy dit.....Slanker , en maerder , MOENIE ons afkraak nie.

Ons het ook net wat ons het!!! (dis nou tensy jy werk laat doen, en dis heeltemal 'n ander stereotipe wat nie met gebore maer vrouens hoef vergelyk te word nie)
Dans met wat jy het, verander dit in die mooiste in wat jy voor kan lief wees, en as jy eet asof dit uit die mode gaan dan gaan jy ook uit die mode uit vir jouself. Dis nie die volgende "maer gat" se skuld nie.

Potlood :-)....dans susters

Dinsdag 11 Augustus 2015

Genade vir elke oomblik

Vandag n stukkie geleen uit : Genade vir elke oomblik
Solly Ozrovech

Gebed verwoord behoeftes

Volhard in gebed -Romeine 12:12

Hoe groter jou nood hoe ernstiger is jou gebede gewoontlik.  God weet egter van elke nood voordat jy dit aan Hom voorlê.

Wanneer jy bid moet jy steeds sensitief bly oor wat God van jou verwag.  Hy vereis dikwels jou samewerking in die beantwoording van jou gebed.

As jy hunker na vriendskap,vra dat God aan jou n vriendelike gesindheid sal gee. Dan sal jy skielik ontdek dat jy nuwe vriende maak.

Die gesprek met God is dikwels die weg waarlangs die Heilige Gees jou wil lei tot die ontdekking van oplossings.

Daar is egter gebede waarin jy geen bydrae kan maak tot hulle verhoring nie. Hulle moet jy in kinderlike geloof aan God voorlê en in sy hande laat. Wees wakker sodat jy die vervulling sal eien wanneer dit kom.

Gebed: Here help my om, deur sensitief te wees vir u stem, by te dra tot die beantwoording van my gebede. Amen.

Maandag 03 Augustus 2015

Totally ge-Bless ✞

Vandag wil ek meer as enigiets dankbaar wees.
Vir wat NOU is ....in my lewe!
Soveel keer fokus ons so hard op wat nog...moet kom. Dit wat ons op wag...om te kom, en al die bekommernis van die toekomstige dag verbreek ons Dankbaarheid.

Die laaste paar weke se "personal" Bybel studie en tyd met die Here , het my dit geleer.

Ons sal steeds behoeftes en hartsbegeertes hê en met genoeg vertroue en 'n intieme band met die Here kan mens Glo en Vertrou sodra die geleentheid tevore kom,jy dit sal sien en weet dis reg en dit dadelik aangryp. Want God se werke is forsure onbegryplik groot.

Want maak nie saak hoe ons beplan en hoop en wens nie NET DIT wat in lyn is met God se wil vir ons ....NET dit moet geskied, en so moet ons bid ook en due uitkoms verstaan.

So vandag gaan ek dankbaarheid wys....en sê ! Hoe ookal wanneer ookal.
Want so baie verklap ons daardie begeertes en wense deur boodskappies op sosiale netwerke of sodra ons ons kry is dit al waaraan ons dink en al wat in ons aangaan.
Negatiewe gevoel dat jy nie daar uitkom nie beroof jou van wat REEDS is ~

Nou lets face dit....om te droom is pragtig maar om te top en bekommerd te raak oor alles wat jy nog wil bekom, of wil hê of wil wees.....wel dit is energy waste!

Kom ons doen n beroep op onsself en stel n lysie van 10 uiters belangrike dinge op wat ons "Totally Blessed" maak.

Al is ons feilbare mense kan ons vandag sê.....
WOW Ek is geseënd , en Totally ge-Bless !
En so so gelukkig ... 
Post dit eerder vandag op daardie sosiale netwerke....praat eerder vandag en more oor dit. .....onthou dit eerder heeltyd.... laat dankbaarheid deel van jou hart word!

Kom ons kyk hoe wakker ons mense weer kan maak en ONSSELF in hoe Great DIT WAT NOU is, is !

Post dit so :
✞ Enige iets wat meer of beter is as NOU, is 'n absolute BONUS , 'n GESKENK, Wonderwerk op wonderwerk WANT ek is
Totally ge-Bless, so Gelukkig , en alles wat REEDS IS in my lewe is
Great en Wonderlik !! ✞
My ek is dankbaar en onthou dit
Top Tien lysie
(Lys dt kortliks)

Sondag 26 Julie 2015

Stort jou hart uit-Jy sal weet wanneer jy MOET

Dis great as mens iemand het by wie jy al jou harts dinge kan vertrou.

Mens kom op n punt waar jy nie eers woorde meer het vir hoe jy voel nie, onseker, huiwerend, bang, alle negatiewe land op jou soos n bom.

TICK tick tick tot jy van jou sinne beroof is , alleen voel, voel daar is geen oplossings nie.
Ka-boom en dis die dag wat dit bars.

Ander dae glimlag jy en dit lyk of niks jou pla nie, NET DIE HERE KEN JOU HART

Partymal het mens n heart to heart nodig met iemand wat nie net hoor nie maar luister. Iemand wat jou dieptes verstaan....

Soms is dit nodig om die heart to heart met jouself ook te hê. Skryf dit neer , lees dit op....soul search voor die kanon ontplof.

Diep binne jou probeer jy nog die lig raaksien diep in jou is iets wat nog Glo...glo in n beter jy, glo in Ek Kan !
Glo in oplossings wat nog kom...

Ek sê nie mens moet n trane dal splatter elke keer wat jy emosioneel met iemand praat nie.....nee ! Maar daar kom n tyd wat dinge binne jou ,jou begin skeur, jou keer, jy nie meer wil voel nie, dis dan
Wat jy moet praat en jou hart uit stort, by die Here, met jouself...en ook daardie een persoon !

As jy nie weet of daar so persoon in jou lewe bestaan nie... gee die persoon kans om daardie persoon vir jou te word..  te wees! JY laat mense in, jy laat mense toe , Jy!

Doen dit ! GEE dit

Na jy jou hart uit gestort het behoort jy weer kans te sien om jou hande voor jou gesig die mure in jou pad te laat sak, sodat daardie iets in jou wat die lig wil sien... dit weer kan sien !

Praat diep, huil hard, stort dit uit sodat dit jou nie van binne meer kan vergiftig nie.

Wees bly jy lewe, daardie lig is op jou pad en jy kan dit sien !!!

Oplossings wat jy self nie eers aan dink nie is reeds in plek , en jy moet die pad na die lig toe stap. Jy moet eerste die mure laat sak, die tree gee, die Vertroue hê ♥

Fotos geleen vanaf facebook blaaie

Sondag 12 Julie 2015

Skons sonder eier

Eierlose skons
(lewer ongeveer 6 medium skons)
Bestanddele
500ml meel
20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk
Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë
bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.
Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230
0C vir 15 minute.

*Ekt vir ons room styf geklop en dit saam lekker aarbei konfyt geëet.

Potlood smiley
yum gewees

Maandag 06 Julie 2015

ONLANGS

Onlangs geeët ; Ystervarkies(sal die resep nog plaas)

Vis en groenslaai met self gesmeerde botter e garlic kaas rolletjies.

Potlood smiley

RESEP

WORTEL PIESANG KOEK
250 ml suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute

Verhit oond tot 180ºC.

Klits suiker, olie + eiers
goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda
saam en meng met suikermengsel. Voeg
piesangmoes, wortels en neute(neute crush nie maklik nie)
by en meng
liggies. Skep in panne en maak gelyk.
Bak 25 ‑
35 minute in laagkoekpanne of 45 ‑ 55 minute in
vierkantige pan.
Keer versigtig uit.
Vul en
versier met roomkaasversiering.

Hou koek in
koelkas. Koek vries baie goed.

Versiersuiker
Botter
Room kaas
Vanielje
Lemoen (rasper)

**myne was te loperig toe trek ek my koek met wit fondant oor en die roomkaas binne in was vreeslik lekker.

Donderdag 02 Julie 2015

Vrese wat mens VRIES

EXACTLY net dit.

In van my vorige posts het ek genoem dat ek nie vreeslik mal oor die dorp is waarin ons bly nie, nevermind die toestand waarin ons land is nie, en ek het self al gesien hoe ek deur my vrese gekeer word om te lewe.Dit is asof ek besluit het, wel ek hou nie van die plek nie so ek gaan niks planne maak terwyl ek hier is nie, ek gaan niks drome na jaag nie, en ek wag op die volgende chapter....

Geen wonder my vrese het my gevries nie.

Nie net vrese nie maar ook dinge wat ek nie NOU kan verander nie, en ja ek is een van daardie mense wat DINGE NOU wil verander of ek raak bietjies bietjies mal.

Wat ek egter agtergekom het is hoe dieper ek in my vrese stilstaan hoe langer vat dit om daar uit te kom , hoe langer vat dit om weer te GLO en te VERTROU.

Ek moet en ONS moet aanhou lewe al het ons vrese, al werk dinge nie altyd uit nie, al kan ons nie ALLES WAT ONS WIL DADELIK VERANDER nie.

So baie dinge staan in my lewe stil omdat ek al gevries het in my vrese....te bang vir die volgende move want WAT AS dit die verkeerde move is of wat as ......

WEL WAT AS......dan is dit maar wat dit is want mens moet aanhou lewe en die lewe gaan oor kanse vat.

'n boek wat ek het "Hou op Stres"(Elizabeth George boek) sê in die een gedeelte dat die Bybel sê mens mag nie bekommerd wees nie want God sorg vir die dag van more. Dan skryf die skrywer dat indien jy bekommerd is jy net bekommerd moet wees of jou wil in lyn is met God se plan. Dit is al wanneer jy kan seker maak en bietjie bekommernis toon.

die res.....wel jy moet regte egte VERTROUE hê, iets wat ek reeds verloor het in die tyd wat ek al begin VRIES HET, so vir nou moet my vrese eers "defrost" sodat ek weer kan droom en actually glo , en lewe al het ek VRESE !!!!! Want sure ek haal asem en ek doen wat ek moet en ek is hier, maar ek maak planne vir 'n "ander dag en tyd" nie vir nou nie, nie iets wat ek nou kan aanpak nie. Ek wag op iets.....seker beter dae-----en dit moet nie so wees nie. Mens moet lewe en die beste doen wat jy kan, en kanse waag ...en daar gaan definitief dinge kom want moeiliker gaan wees om te "face" en selfs goed wees wat nie nou kan gedoen word nie maar dit moenie mens so mismoedig maak dat mens net wil stilstaan nie. Slippery slide tot by die volgende excitement wat jy in jou lewe kan skep dan.....(soos ek die woorde tik moet ek dit vir myself OOK IN NEEM.....glo my eks net 'n feilbare mens soos die een wat nou hier lees)

Al vat dit jou om jouself te herhinner, doen dit dan!

n Christelike skrywer skryf; Jy moet die Here ken nie vir wat hy vir jou kan doen nie maar vir wat hy vir jou is.(Alida)

***As iemand vandag hierdie post lees en diep binne voel soos ek vandag, sal ek ook aan julle dink en mag ons dan ontvries, sodat ons kan aanbeweeg en drome na jaag en dinge doen al werk alles nie volgens ons plan DADELIK uit nie, en al het ons vrese in die lewe.

Lets just let it be,,.,,,,Leef net!

☻♥