Donderdag 11 Junie 2015

Veter Vas -Skoen vasmaak gediggie

Vandag het ek weer tyd gemaak vir 'n skool lessie by die huis vir my seuntjie.

"Ons" leer nog skoene vas maak so ek het prentjies op die net gekry van 'n skoen se voorkant en dit gebruik as voorbeeld.

Met dit en lint het ek vandag "skoen vasmaak veter" training basically gegee. Die skoen is op die bladsy geteken en die linte aan weerskante vas waarop hy kon oefen om die veter vas en los te maak.

Om dit interessant te maak het ek gedink wat beter as 'n "karakter" wat ons met die hele ding kan help (want my geduld is te min om als op myself te neem)

Ek het vir hom 'n hasie geteken en die gediggie langsaan geskryf.

So ek het die recorder op die foon gebruik my stem "weird en funny" laat klink en 'n gediggie geskryf vir die hele VETERS VAS MAAK les vandag.

Komieklik verby: my kind vra vir my is dit ek- ABSOLUUT NIE (ha ha ha ha so 'n wit leuntjie)
Dit is die Hasie wat die kinders leer veters vasmaak. Vertel ek met alle hoop dat ek "convincing genoeg is.

Ha ha ha
So hier is die gediggie indien iemand dit wil leen of "share".
Ek add vir julle die prentjies ook.

Vas Veter Vas 

Vas veter vas moet jy
Kruis paaie loop 
moenie wegglip van my

Spring in die gat
Daar's 'n hasie in die pad

Vas veter vas 
Rondtomtalie verby die hasie
Vas
Vas Veter vas Is jy !

© My Potlood en Kamera blog 



Tot my verbasing het van die rympie se woorde in die aanhoudend ontwikkelende breintjie van my seuntjie vasgehaak......en so

"Vas veter vas.....gaan slaap hy.

Of hy nou al beter veters vasmaak, wel......"its gonna take some repeat, repeat, en nou het ek 'n opgemaakte karakter om my te help!






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking