Dinsdag 02 Junie 2015

Turquoise See

So week terug let ek op dat my badkamer soos die reënboog nasie homself lyk....en sit dadelik "n nuwe badkamer stel" op my lysie.

My lysies is hoe ek by dinge uitkom wat ek soms van vergeet en tog in die aande wakker oor lê.

Al die dingetjies wat ek wil doen...en wil verander.

Dit is asof ek in n bachelors woonstel bly die oopplan tipe en asof ek wou seker maak alles match iewers. Want goodness alles is see blouerig en lig groen.

Werklik

Dis weird....

My kombuis is wel...silwer en turquoise maar dis die donker see blou groen kleur. Bypassende lappies en vaddoeke en lig groen bakke en utinsels.

Ons eetkamer is swart en wit en turquoise.

Die sitkamer is bruin, cream en swart en een of ander jaar toe ek wou kleur inbring ....turquoise. Jip turquoise bank lappies en blomme in die vase.  Lig groen fan so twee jaar terug gekoop wat ook in die sitkamer staan. Baie modern maar weereens die match match kleure.

My skoonma help my toe die naweek en ek kry as persent n nuwe badkamer stel.....blou amper n ligter turquoise en lig groen.

Seuna se kamer was ook lig groen tot vroër die jaar toe ek vir hom denim blou beddegoed koop. Na die verf spektakel het hy nou n lig groen gordyn daarby....weer op.

My hoofslaap kamer is al vir jare aan een oranje, wynrooi en goud en bruin.

Sjoe mense my huis kort n makeover van iemand wat nie turquoise mal is nie.

Potlood smiley
turquoise ogies LoL

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking