Saterdag 06 Junie 2015

Jamtertjie my eie weergawe º

My selfoon is nou ook vol eierwit wat hard geword het...vandat my resepte boeke weggeraak het google ek maar resepte...hierdie onderste een is n kombinasie van twee resepte;

Ek sit vir julle n foto by van my eindproduk

O en ek het myne in muffin pannetjies gedoen.

KONFYTTERTJIES
190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.
Stel die oond op 180 Grade C. Room
die suiker en margarien saam.
Voeg die eiers by en klits goed
todat mengsel liggeel en skuimerig
is. Voeg die meelblom, bakpoeier en
'n paar
druppels vanielje by. Rol deeg in
klein balletjies en plaas op
gesmeerde bakplaat - ongeveer 5
cm.uit mekaar. Maak 'n klein holte
in die middel van die deeg en drup
'n klein bietjie konfyt
daarin. Bak in 'n matige oond tot
ligbruin.

Bolaag: Klits 2 eierwitte tot sagte punte vorm.
Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl
aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en
vou saam met die vanieljegeursel in. Skep in ‘n
spuitsak en spuit rosies bo-op die
appelkooskonfyt, of smeer oor die
appelkooskonfyt. Bak 20 – 25 minute lank in die
voorverhitte oond of tot die punte van die rosies
begin verkleur.

Potlood smiley tongetjie uit

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking