Vrydag 05 Junie 2015

Winskoop of 'n.....dat (dut?)


Ek weet nie of dit net ons sn is nie maar eks seker ons het 'n dat(nie 'n clue hoe mens dit spel nie want dis plat afrikaans of dalk even duits of engels?)...
Ons het die ander dag by mense by my man se werk spotgoedkoop skoonmaak middels gekoop.
Toe ek die bad die eerste keer met die "reject" middel was sien ek dit is verdun met water of iets en dit het die hoogste amoniak reuk wat ek so nie kan hanteer nie. 
Juis daarom vat ek gewoontlik die Cream Handy Andy in winkels want dit het nie die skerp reuk nie.
Eks nogal iefie wat dit aanbetref nog altyd 'n baie sterk "sense of smell" !
Verpes dit om mayonaise of Mosterd sous wat in 'n bak of bord was die volgende dag te moet was....raak sommer naar om net daaraan te dink. Kan nie skerp Amoniak reuke hanteer nie en ook nie sekere wierook nie. 
Die baie lekker toiletspray wat ek het wat ek lekker oral in die huis gebruik oor dit so "lovely" reuk het ....laat my neus ook juk. (as dit dit is....anders moet ek nog uitfigure wat dit is)

So vanoggend bad ek toe nou in my skoon bad wat ek met die "dat" skoonmaak middel gewas het en dis so glibberig ek gly heeltyd en kan skaars gewas kry sonder om te hoef keer dat ek nie omrol nie. 
ha ha ha Ja funny nê...
Probleem is ek hoop eintlik net daardie skoonmaak middel was 'n "dat" want ek het heelwat aangekoop en moet die ander goed nog oopmaak en begin gebruik. Hoop nie alles het so sterk reuk en water iets in nie.

My ma het juis gedink syt uitgemis op 'n winskoop....Ek glo nie sy het nie.

Ek het so friecken baie wasgoed om vandag gedoen te kry en dis letterlik vriesend koud buite sal seker 'n uur lank die bondels wat reeds op die draad is moet los met die HOOP dat dit actually gaan droog wees sodat ek die res op die draad kan kry. 

Vandag wil ek gou ook tussen dit als tyd maak vir "research" .... drie goed,
1. Wat kan ek nog my seuntjie leer met ons "skool lessie" by huis want die ABC is gecover.
2. Die Bubblegum Tablet 
3. 'n Kersfees idee wat reeds in my gedagtes begin vorm het.....wil 'n nice prentjie kry van dit via GOOGLE. 

Gepraat van produkte ek sit nou en eet "peppermint crisp" tert wat ek met Orley Whip moes maak aangesien die WONDERLIKE dorp weer nie stock gehad het nie.....van vars room nie.
Nou wat ek geleer het van hierdie "plaas vervanger" room is dat dit wel baie meer mengsel maak maar dit is soos ERG creamy,,,,tooo creamy for me! So opgeblaas wind vol creamy...
Anyway so dag later in die yskas ....en nou geniet ek dit meer, want ek verkies actually die resep met normale vars room. Het ek dit wel gehad om te gebruik, dan was daar seker nie eers meer tert OOR nie.

Okey ek het baie om te doen ek BLOG weer oor so paar dae

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking