Sondag 14 Junie 2015

Mmallow Melktert

Ek het hierdie resep op facebook via die Bak en Brou klub gekry;

Die finale gedeelte het ek my eie twist bygesit.

Bak-en-brou-klub
MAKLIKE MELKTERT
Melk en bietjie meel, eiers en suiker is al wat
nodig is om ’n korslose melktert te bak.
Bestanddele:
250ml Suiker
5 ml bakpoeier
30 ml margarien
250 ml koekmeel
3 ml sout
5 ml vanieljegeursel
1 Koppie melk
2 eiers
Metode:
Smelt die margarien en voeg die suiker en
eiergele by
Meng die droë bestanddele met die melk en die
vanieljegeursel
Voeg alles bymekaar.
Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.
Bak in ’n gesmeerde tertbord by 180 grade Celsius
tot die tert begin stol.
THE WORKING WIFE

Ek het kaneel bo op gesprinkel en baba marshmallows oor gegooi (nie te veel nie want het gewonder hoe kaneel en marshmallows sou smaak)
Dit bietjie laat grill aan die bo kant....

Eindproduk was bietjie Te Gaar amper soos klam koek maar steeds baie Njummies !

Potlood smiley lek lippie af

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking