Dinsdag 12 Mei 2015

Kolle & Splashes

Omo en Surf en sommer sunlight ook moet n bietjie n draai hier by my huis maak met daardie seep wat enige vuil merke uit kry.

Hierdie plaas kolle het n run vir hul money nodig ...

Ek sê julle dis n roesbruin vlek wat gewoontlik agter op hempies en broeke op my seuntjie se klere sit.
Nee dis nie net sand nie die is ook erg genoeg om uit te kry.

Soak werk nie, skrop ook nie!

En laat ek julle n storie oor skrop vertel.
* so paar maande terug koop ek splinternuwe beddegoed en begin my kind se kamer mooi maak.
Nou met die plekkie waarin ons bly is hier net hopeloos te min kas spasie, so die kaste is vol...
Elkgeval ekt van die goed in tasse onder en bo in my kind se kas gepak met die hoop niks word uitgegooi nie.

Ag, vlous ek myself goed !

Ek het te laat op die "Blou scene" afgekom waar my seuntjie blou verf op sy bed, gordyne en speelgoed laat splash splash mors het...(ja hier begin jou oë gewoontlik rek)
wat het ek gedoen?
Ek het dit probeer red alles afgeruk en begin skrop...en geskrop.
Dit was al aand en my kind het maar net onder n inner geslaap met kussings sonder slope. Ekt selfs gedreig dit gaan so bly forever!
So kwaad gewees die beddegoed was nog nie 3dae oud nie!

Briesend het ek agt uur die aand die geskropte beddegoed en als buite gaan hang.

Die volgende oggend sien ek.....

Ja dit het effe uit gekom maar ekt so hard geskrop om te "salvage" wat oor was dat die kleur uitgewas het. Letterlik wit geskropte merke op party plekke gelos.

Pleks ek vir my man geluister het want hyt gedink eks mal om dit te probeer red want waar kom lapverf nou uit lap uit?

Hy was reg, ek kon eerder vorms gevat het en ekstra patrone try maak het dan was daar nou meer blou en minder uitwas merke!

Nie dat dit swak Kwaliteit beddegoed is nie , O nee beslis nie maar in my determination om dit te red ....wel het ek klomp skoonmaak goed opmekaar probeer.

Potlood smiley met stywe tande

Nou sal julle my goed glo as ek by soak stop met daardie roes merk op seuntjie se klere lol.

Daardie advertensies oor tamatiesous wat uitwas oor die "detergent" so goed is.....ga glad nie so goed nie.
Bloed sal hulle nou wel nie op tv gebruik nie maar soos as my kind se neus bloei en dit kom op beddegoed. .......mission impossible !

Ekt n feeling vandag gaan lank wees

Potlood smiley

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking