Donderdag 28 Mei 2015

Ek train die HOND,wat 'n BREEZE

In een van my vorige posts het ek gemention dat ek nou ons hond train. TUSSEN deur alles en wat nog gebeur.

Die een wat die "turbo" agtige moves maak met sy agter lyf. In die oggende vanaf 04:30 wanneer manlief opstaan tot wanneer my seuntjie skool toe gaan het hy hierdie boud swaai move wat hy doen oor hy so VREESLIK EXCITED is om iemand te sien. Hy slaap in die sitkamer, as iemand gewonder het....So die turbo agter in sy lyf CHARGE OP en dan hol hy mal rond so happy om mense te sien. ha ha ha

Ons het nogal oorweeg om hom Turbo te noem ook maar toe ooreengestem op 'n ander naam.

So mens kan letterlik nerens heen as jy eweskielik 'n puppy het nie en saam piekel het ons ook nou al so drie kere getry. Dit werk nie so lekker nie, so hy moet getrain word om buite asem te haal...want hy sal nie omkap nie.

My man sê die ander dag "sien jy Engel as jy 'n baba (MENS) het dan kan mense nie sê jy mag nie kom kuier nie want mense is welkom babas en al.....maar as daardie baba 'n HOND is......woooowhhhh draai die brieke vas. My hond gaan joune byt, waar gan die hond slaap? Eauww Eaaauw gaan jy in die aande na luister, of die hond gaan die sakke in spring...(ja hy het dit actually gedoen hyt binne die punt van 'n swartsak geskeur en daar ingeklim. Groossssssssem

So nou train ek die klein gedierte om bietjie buite te bly....wat 'n misson. Hy Howl(weet nie hoe spel mens dit nie) letterlik as hy net 'n toe deur waag sien. Die deur moet oop wees en die son moet iewers wees en daar sal jy die hond ook kry. 

Die son ding is nogal funny, hy skuif die hele huis rond en hy is NET daar waar die son ook is. Hy kyk my met sulke sad puppy ogies uit as ek die deure toe trek en hy kan baie duidelik sien daar is son. Dan wag hy vir die son in die sitkamer, selfs 'n gleufie son teen die kas en hy sal sy nek ruk en rek en hy sal sy snoet salig in die son bak. 

Training; 2 uit 10 vir my want hyt letterlik net twee ure buite gebly voor ek die deur weer oopgemaak het.

Dis nie dat hy nie buite gaan en so nie, die deur moet net nie ook TOE wees nie en wat bedoel dit? Dit FRIECKEN meen ons kan nie winkel toe ry nie of hy gaan KEEL opsit....."Ah hawwwl"(dai huil geluid julle weet seker wat hier try sê)

Vanoggend ek hom sommer vroeg uit gevat want hyt 'n ROOI potlood van my kind ontdek iewers....(wonder waar?) en my hele sitkamer mat versier met die stukkies potlood.

Wat ek ook agtergekom het is die hond BOL elke keer op presies maar presies dieselfde spot. Ek sukkel om dieselfde spot te onthou so partykeer is my koerant lykmy nie eksie perfeksie daar nie. Hoe die blerrie hond in die aande (wel ogg ure.,...ek hoor mos as daardie klein potjies op die koerante hol) sien hoe weet hy dis presies...sy SPOT. Die vet weet, ek moet 'n huis kry met 'n mini deurjtie vir die mini brakkie om sy BOL buite te gaan los!

My man was reg toe hy gesê het die HONDJIE sal nuwe OPWINDING bring sodra hy by ons is....opwinding...opwerking....selfde ding. ha ha

Ag maar hy is oulik en hy is liefdevol en dis darem soort van 'n ou maatjie vir my seuntjie.

*Skole dinge steeds 'n kopseer*Nuwe Werks aanbod-verby*Cv's uit-Yes!* Blou-grys stres week die-ongoing.,..

Potlood smiley tongetjie uit, strepie trek ogies,

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking