Sondag 10 Mei 2015

Ek begin weer...

Hello Blog lesers: geskryf:  08/05/2015

So hoekom die naam" My Potlood en Kamera", wel dis waarmee ek die lewe deurstap. Ek love dit om met fotos te werk dit te neem dit op te jazz, en ek skryf baie graag.


Ek het besluit om weer te blog, ja ja ek het al 'n blog of page en al daai's probeer. Commit nie te lekker nie oor ek dalk vir myself te groot "high expectations" het. Anyway so 'n baie diep diep gesprek oor selfliefde en en respek vir dit wat jy is en wil wees met manlief gisteraant het my laat dink...dalk moet ek dan maar weer die blogging ding try.


Sonder om negatief te klink, don't be surprised as ek nie elke dag b l o g nie. Seuntjie is halfdag by skool die res van die tyd is dit bediende ma jy weet wasgoed wasgoed, skoonmaak en die goed wat net soos 'n sirkel aanhou draai.


Bietjie oor my; Eks dalk 'n gebore skrywer, nie die tipe wat noodwendig boeke laat publish en ryk word van dit nie. Nee been there tried that...


Mense sê altyd 'jis maar jy skryf 'n boek' pleks van 'n instant message pleks van 'n kort bbm ......oe en die vryheid van emaaaaaaiiiiiil. Love dit.


Eks getroud, jonk, lank al, en daars 'n liefde in my vir kreatiewe dinge in die lewe, kleurvolle dinge en gebeure, en tog.....kry ek my depro dae. Miskien is die skryf my uitlating who knows right? As tiener was die beste ding my dagboek syt even 'n naam gehad can u believe that.....maar ook so my grootste eie enemy geword. Oor en oor negatiewe goed wat uit my binneste neergesit is in die dagboek gelees en daaroor getop. Dalk erger geraak even, met tyd tot ek die guts gehad het om die ding te verbrand. My manier gewees om te "let go" Let it Go , Let it go (ha ha ha my kind love dai liedjie) waar was ek, o okey my manier dalk gewees om te let go van verlede dinge.


en nou skryf ek weer, wel ek blog weer......skryf nog my lewe lank - stories, gedigte, liedjies even getry, skryf, teken, neem fotos en mense het my brein nou vir jou 'n manier om dinge vas te hou.......like in forever memory!  Nie dat my forever memory my al ooit baie in die werks wêreld gehelp het nie maar nou ja.


Manlief se woorde "skryf iets real" so mense ek try, en nee ek tik nie net afrikaans nie en my komma en punte en spasies is nie perfek nie, want eks kreatief en nie Perfek nie......!!


Okey so ek moet dalk my cv vandag bietjie update vir die wis en onwis....want wie weet wanneer jy dit op die spot nodig het en dan moet jy letterlik kom sit en als eers update!


Potlood skribbel smiley ......o wag ek weet nie hoe om dit in te sit nie.




 Drome uit Droom Land geskryf:  09/05/2015


Dankie tog soms is dit net drome en mens kan wakker word.

Ander kere wanneer jy dalk amazing goed droom sal jy eerder dalk jou drome wou in jou lewe plaas iewers?
Ek kan dit nou nie 100% sê nie.

My drome is gewoontlik baie deurmekaar en oor ek hou daarvan om te weet wat dit in my onder bewussyn gesit het. ..het ek so oulike "dream meaning foon app"

Sonder om superstitious te klink maak baie van dit sense.

Vanoggend is ek baie bly dit was net n droom en dis n nuwe More !


Potlood smiley :-)


Moedersdag is naby, is ek bly? geskryf:  09/05/2015



Hier is nou vir jou 'n subject wat ek nie "worthy" of voel nie.


Soms is dit maar 'n warrelwind om 'n ouer te wees en mense sukkel ek vir jou met die balans van alles rondtom my.


Vandag 'n kaartjie by die skool juffie gekry wat nou met liefde van my seuntjie af is, en al waaraan ek dink is...is ek dit ooit werd.


'n besluit gemaak om even net al is dit 'n millimeter meer moeite te doen met seuntjie en dat ek byvoorbeeld sal meer "sag" as hard wys.


Streng mamma die sê mense altyd so kwaai so onnodig soms, ja ek stem probleem is ek weet nie aldag hoe om dit te verander nie die liewe lawwe heks jump in sodat ek nie "weak" lyk nie eks dan nou 'n ma. Maar na 'n paar geselsies met manlief het ek besef hys daar vir my en ons kind en soms is dit meer as okey om nie heeltyd te baklei stry en kwaad te word nie. 'n kind het sag liefde ook nodig en selfs al voel ek dit en my liefde is onbeskryflik groot vir hom wys ek dit nie te gereeld nie.


So te danke aan my man wat altyd so diep mooi met my gesels...weet ek nou ek gaan meer moeite doen om ook sag liefde te wys ...want al voel ek dit wat ek voel diep in my hart kan so kleine mini mannetjie dit mos nou nie weet of sien nie.


Moeders dis nie maklik nie , maar dit hoef nie altyd moeilik gemaak te word nie. Give yourself some love, some credit....ek weet ek moet ! Sodat ek dit in return weer kan terug gee.


Potlood smiley met 'n roos, (kan mens op die ding teken ??? dit moet ek nog uitfigure)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking