Maandag 25 Mei 2015

Schick Spidy

Nee nie die tipe schick spidy wat julle dink nie....buiten die rooi en blou oral in my kind se kamer die Marvel Spiderman goed wat ooral is, sy hempies, sy komberse, sy speelgoed action figures vanoggend se Schick Spidy is letterlik....nie viguurlik nie.

Ek het 'n ma-massiewe spinnekop in my kind se kas gewaar en vinnig my foon gegoogle om te sien wat is dit wat ek nou eintlik kan doen sonder DOOM in die huis....

Want mens google mos deesdae as jy iets nie weet nie lmga.

Dit sê ek moet die spinekop trap en in 'n bottel vang en buite vrylaat......gu...gun nie. Met my luck sal ek op die stoel staan (want dis hoog bo in die kas se hoek) en sodra die spidy move sal ek van my stoel af spring soos ek skrik. Ek google weer en dit sê iets van peppermint olie en asyn  so ek hardloop kombuis toe en meng gou-gou dit met water. 

Die hond is al agter my aan, weet nie wat dink die pipsquick gaan hy doen as daardie ding uit die kas uit val of "jump" en verder hardloop nie want die se bene is langer as ons MinPincher se hele kop.

I know.....urggggg gril my dood.

Elkgeval ek is toe nou op die stoel en trek die kas deur effe oop en daar sit die spidy....heel rustig. Lekker warm in die huis want dit raak mos nou koud buite. Ek gee so paar 100 spuite en hoop dit werk slat die kas toe en jaag die hond uit en hol uit die kamer uit. 

10 min later....repeat

15 min repeat.

Nee wetter die ding wil nie dood nie, ek google weer en lees van skeerrroom wat maak dat hy nie kan hardloop nie en so kan jy dit dood druk met 'n besem of vang. Badkamer kassie toe is ek, en ek kry my man se Schick Shave room, goodness ek weet nie hoe die goed spyt nie so ek gee myself 'n oefensessie in my kind se kamer voor ek die kas weer oopmaak. Blirttz en daar is die hele kas en stoel en helfte van my baadjie vol draad gespuite Schick ....ha ha ha NEE nie lagsaak nie ek moet daardie ding daar uit kry.

Ek besluit om die klere so rustig moontlik uit die kas uit te haal want netnou klim die ding in my kind se klere in, nou ek haat klere regpak so ek pak die klere mooi netjies op die bed neer (die kas is darem toe)

Die hond is all over die skeerroom bussiness en snif snif en nies as hy ruik hoe sterk dit is.

Okey nou try ek weer, ek maak die kas 'n gleufie oop druk my hand in en hoop dit gaan hoog genoeg spyt om die ding te trap. Blirtzzzzzz en daar hol die ding in nog 'n verder hoek in.

Wat 'n gemors, die kas ruik soos asyn peppermint en blertse Schick is all over maar die Spidy sit nog.

Wat nou? 

Ek repeat maar weer die peppermint storie dalk "vergas" ek die ding. 

10 min later kyk ek gou weer, en hy sit nog in die ander hoek - die verste hoek wat ek nie kan bykom nie. Die stoel is nog vol skeerroom , maar ek besluit om dit so te los sodat ek nie perongeluk vergeet van die gedoente bo in my kind se kas nie.

Wat gaan volgende gebeur; My kind gaan by die huis kom en sy tas in sy kamer gaan bêre (na ek hom herhinner daarvan) en dan gaan hy my vra ;"Mamma watse blou goed is op die stoel in my kamer......Ah...ha ! En dan sal ek onthou -PAPPA GAAN DIE EEN MOET UITSORT!

Intussen hoop ek hy beweeg perongeluk tot op die Schick skeerrroom en trap atleast so twee bene, en dan hoop ek hy smoor effe. 

My grootste vrees is dat hy daar uit die kamer gehardloop kom so dronk soos 'n tor van al die goed wat ek getry het....lol

PAPPA beter vinnig huis toe kom as jy my vra!

Potlood smiley uhm stressed ogies

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking