Sondag 10 Mei 2015

Moedersdag waarheid uit 'n Fliek

So na my laaste post net voor Moedersdag die effense af en grys post...moet ek sê ek het iets nuut in my hart ontdek.

Dit is te danke aan die fliek: "Moms night out" nou as ek myself moet beskryf my tipe mens wat ek is as 'n ma.....mense dan is ek die hoofrol Alysin in die fliek.

Doen jouself 'n guns en kyk die fliek, veral as jy 'n ouer is!!! Dis funny ook, maar so so REAL.

Paranoois, gestres, heeltyd op my tone dis die tipe ma wat ek is, en alles wat in die fliek gebeur is soos presies wat ek die laaste tyd voel en deurgemaak het. Die emosies "die unhappy gevoel" en in 'n oomblik terwyl ons rustig die fliek kyk sê manlief vir my "is dit nie presies waaroor ons net eergister oor gepraat het nie".

Die besef dat dit okey is om 'n ma te wees, dis genoeg, dis okey as dit nie altyd reg verloop nie want dit kan nie.

Ekt 'n baie mooi boodskap pic op die internet op facebook ontdek ook in die laaste week (lykmy alles gebeur die maand met my diep binne in) so, laat ek gou my foon kry en die boodskap vir julle hier tik. Julle sal nie glo dat vir die ma's wat so "useless" soms kan voel watse tipe diepte dit kan inhou nie. Ek kry dit gou.....

----------------------------------------------------------------------------------------
"Your greatest contribution to the kingdom of God may not be something you do but someone you raise.
-----------------------------------------------------------------------------------------
Is dit nou nie WOW woorde nie?

Ek is so geseënd met 'n man wat werklik in my drome glo en dit wil help waarmaak, maar vir my en manlief se "sanity" moet ek maar vir eers skryf. Uitlating is soos regtig belangrik want as mamma nie happy is nie gaan die hele "home homy" feeling totally dissapear.

My Kamera dinge kom nog nie aan nie en alhoewel die boodskap van die fliek vir my so diep geraak het, gaan ek nie gou laatgaan van my eie drome nie. Dis nie selfsug nie dis net, ek wil dit en 'n ma en vrou kan wees,ek wil ook iets in die huis in bring wat nie noodwendig finansieël is nie maar wat betekenis het. Mamma doen dit.....deeltyds.  Jy weet so iets...iets wat ek skep iets wat ek bou, iets wat eie aan my is Pappa het sy werk en hy doen dit goed hy werk hard. Mamma is 'n mamma en sy wil ook goedvoel oor iets wat sy aanpak. Al mag dit dan nou net 'n side line projekkie wees ......oooo asb drome val in lyn nou gou.....

Mense is seker al moeg om te hoor van my drome want ek probeer al iets aan die go kry vanaf soos 2011 af.....kort na ek 'n mamma by die huis geword het.

Daar is my talent, maar daar is nie baie mark meer vir dit nie, whatever sê ek vir jou.  

Ek sal die hoop probeer lewendig hou ....en aanhou Glo !

So vir eers sal dit potlood smilies wees as ek groet en nog nie 'n kamera click nie.........ha ha ha.

Potlood smiley    :-o   :-) want die skottelgoed wag en wasgoed moet gedoen word.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking