Dinsdag 12 Mei 2015

Onderstebo ...agterstevoor

So vandag het ek my dag heel andersom begin as normaalweg.
Gewoontlik sal ek die kombuis los vir heel laaste en dan is dit basically asof ek vir myself convince dat "okey nog net die kombuis " dan is die hele huis skoon.

NOT......ha haha ha in werklikheid maak dit my net moeg om te dink wat in die huis nog oor is om te doen.

Jig en om kos uit te dink ELKE LIEWE DAG wat 'n effort en ses....really eks kreatief minded en als maar dit is die pits om elke dag kos uit te dink en dan te hoop dit kom uit soos wat jy aan dit gedink het daardie prentjie wat jy vir jouself in die brein vorm.

Anyway so ekt vandag met die kombuis begin en sommer baie vinnig die res van die huis klaar gemaak , wasgoed op draad en als. Die dag is myne........Lets hope !

Eks lus om paptert te maak vir aandete maar dis klaar so mission en met my man en seun gaan dit nou nie so glad verby hulle slide as ek NET dit wil maak nie.

Sal maar nog moet brainstorm.

Bietjie gaan buite stap en die tuin nat gemaak mens kan sien die winter trek nader die gras lyk sommer so vaal, en die Hond soek ook heeltyd net die sonnetjie.

Vandag wil ek bietjie kyk watse ander mamma blogs en of afrikaanse blogs daar is, dalk lees ek iets interessant raak.

Potlood smiley :-)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking