Donderdag 21 Mei 2015

Tussen Spasies ...gebeur Dinge??

Hierdie week was besig, baie dinge het gebeur en baie dinge moes gebeur, en lykmy wanneer ons hard besig is om een ding te maak werk gebeur ander dinge intussen.

Dit klink dalk erg deurmekaar die manier hoe ek dit stel want dit is hoe erg deurmekaar dit voel.


Dit is werklik so,hierdie week het ek gekonsentreer op skole research want my seuntjie gaan mos Laerskool toe volgende jaar.

My fokus was daar, en ek het so drie skole gepin point wat lyk of dit kan werk vir ons. Buiten al die dinge oor skole wat ek nog nie eers van weet nie en nie weet hoe om dit vir myself uit te werk in my kop nie, het ek darem die research.
Soos iets wat my nogal pla is, okey so hulle gaan laerskool toe en dan kom hulle 12:30 uit maar sport begin omtrent eers dan, so dit wil sê vir hulle om aan sport deel te neem moet hulle by die naskool wees of daar moet 'n ouer wees daardie tyd. Genugtig die goed maak my brein plat en ek gaan in 'n flat spin oor die dinge wat ek nog nie weet nie. Ek verstaan net nie hoe alles werk nie, en dalk is dit te danke aan die feit dat kinders nou al so vroeg moet begin met Graad RR, en dan Graad 0 en dan gereed wees vir Graad 1.

Ek neem aan as julle bogenoemde klaar gelees het gaan julle ook voel soos my brein voel, 

BREIN SHAKE...SHAKE !!

So eks toe nou erg busy om te fokus op die skool dinge wat ek nie alles mooi click nie, eks seker blond gebore of iets....of net nie lekker by met die samelewing nie...anyway en intussen reach my man se cv 'n agent wat belangstel.


en hier gaan ons alweer....


Al my droompies om te settle en 'n huis te kry met 'n swembad en net lekker huis te bou en lewe te bou moet nou in "pause" gaan. 

Okey ek jok dit is nie al waaroor ek droom nie anders sou die BLOG se naam nie "My potlood en Kamera" gewees het nie...lol sou dit? Ek droom oor baie dinge, maar ek droom dit moet spesifiek in 'n sekere volgorde gebeur- en dit DOEN NIE! Maar dit is nou in pause...of is dit dalk juis nou eers in WERKING?

Die "what ifs" is terug .....ek baklei in my gedagtes met wat realiteit is en wat moontlik kan gebeur. Dis wie ek is dis hoe dit elke keer afloop. Al kom daar soms niks van 'n spesifieke aanbod of opportunity nie.......die moontlikheid maak my reeds onseker van my realiteit.


Wat 'n mondvol nê...?


Gelukkig oor die jare het ek al geleer dat die moontlikhede wat oor mens se pad kom nie noodwendig jou lewe afbreek en alles wat jy oor droom hoef te verslaan nie.....NEE WAT. Hierdie girl hou haar drome lewendig....dit sal alles nog in plek val. Dis tussen die spasie...voor dit gebeur!


Eks elkgeval nie mal oor die dorp waarin ons tans bly nie so as ....ja as....iets moet gebeur dat 'n werksgeleentheid ons moet weer laat trek sal ek hard bid dit is hierdie keer ons plekkie ons dorp waar ons kan tuiste bou en voete vas maak op die grond. 


I really hope.....for that.


So ek skryf nou en my kamera foto drome staan tjoep stil vir eers, maar ek weet dat alles wat ons al deur is en alles wat ons nog deurgaan my sterker maak ....selfs vir my eie GROOT drome!


* Skole dinge, hondjie huis training.....en dan die unknown moontlikhede wat soms in mens se skoot val. 


FLUKS hou nie....

Die een dag sal ek soos energie hê waarmee ek baie gedoen kry en dan is dit asof ek vir die volgende twee dae niks gedoen kry nie.


Ek het so in die begin van die week die yskas afgepak en whatever daar bo aangegaan het uitgesort. Resepte boeke, tandeborsels wat verf op het, you name it....daar gekry en dit netjies gemaak. 


So fluks die afrikaanse tumble dryer garage toe geskuif en die eetkamer netjies gemaak sodat daar nie meer te veel goed rondstaan nie want, intussen het ons besluit ons gaan vir eers hier bly en maar ons plekkie lekker maak vir onsself.


So dit beteken die huis wat te klein is vir al my goed...moet nou werk. So die yskas is gedoen die eetkamer is gedoen. Daardie deurmekaar badkamer kassie wag vir sy dag en my plastic kas wag ook. Hulle moet maar wag vir eers, want for some reason as my brein so deurmekaar voel kan ek nie ander dinge lekker aanpak nie. Daardie "what if" moet eers 'n settle plekkie kry in 'n spasie waar dit minder stres veroorsaak.


en deur dit alles....train ek nog my kind se hond wat wanneer ek met die huis besig is plante insleep en die mat weer vuil maak of baie "turbo" agtig charcoal iewers buite by die braai uitkrap en met dit kom speel in my huis asof dit 'n verdomde BAL is.


Imagine dit....

ha ha dis my week gewees.....dankie tog dis vrydag!
Potlood smiley CRAZY ogies




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking