Donderdag 14 Mei 2015

Skool era

Deesdae wanneer ek n fliek kyk het alles in die fliek vir my groter betekenis.

Veral as dit n tiener fliek is ...nou so tien jaar terug het ek met my eie tiener oë nog so tipe fliek baie geniet. Maar nou is die tiener flieks waarskuwings en mense ek vang tips want eendag is eendag dan sit ek self met n tiener.

Die kinders van vandag is soveel anders as ons in daardie tyd, maar dan weet ek ook weer my ma moes presies dieselfde kon sê.

Ek meen in hulle tyd mag hulle nie eens broeke gedra het nie .....
Nou is dit so bitter algemeen dat tensy jy n water lengte mini aanhet jy eerder nie n rok dra nie.

Nou my era en ons wat kinders was is nou sterk oppad dertig toe so dit is fine vir rompe en broeke en somersrokkies ens. As jy eers groot is weet jy hoe om met klas te dress.

Die bekommernis is daardie tiener stuff wat nog op my wag....met my kind se era.

So ek kyk die fliek LOL van Miley Cyrus en dis nou tipies tieners..  en hierdie mal gedagtes en prentjies vorm oral.

Kyk dit dan sal julle sien wat ek meen...

Okey so pause dit...want vir nou het ek Laerskool inskrywings en ope aande om aan te dink.

Heeltyd sivvies dra is verby vir my ou seuntjie volgende jaar is dit al uniform!

Skool dinge....oe what a stressful time.

Potlood smiley punt

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking