Dinsdag 19 Mei 2015

Celebration time...amper!

Paar minute later en darem dink ek nie meer aan my vorige post "kopseer" nie. 

Of wag ek doen,,,,maar daar is darem iets vrolik ook in my brein aan die gang.

In die maand van liefde vir my en my man wat ons huwelik binnekort vier wil ek hierdie link met julle deel;

http://www.lifehack.org/articles/lifestyle/anniversary-ideas-to-bring-you-closer-together.html

ek hoop die link werk...


Ek en manlief praat gisteraant oor wat ons wil doen en hoe ons dit wil vier dat ons huwelik al sewe jaar sterk loop....wel sewe jaar ongoing loop....sewe jaar is LANK.

HA ha ha en hoe ookal dit sover loop...... Ons is baie lief vir mekaar en ondersteun mekaar in die beste manier wat ons weet hoe om dit te doen.

Ek moet nog self bietjie gaan lees watse cool idees daar is vir die huwelik. Wat ek wel raakgelees het is 'n artikel of leesstuk oor hoekom mens jou huwelik moet vier. Vir my is dit ook belangrik om weer daardie liefde te onthou daardie memories stywer vas te knoop met elke jaar. Die great ding is dat my seuntjie sal groot word met die 'tipe celebration' en dit is vir my mooi.

So ons het gedink " mossel sop, en see kos en mmmmmm" skielik is ek honger. Ek sal moet resepte en interessante idees opsoek wil dit ekstra spesiaal maak.

Obviously het ek nie nou sulke goed hier by die huis nie so om my lus te blus sal ek maar moet settle vir "Nik naks" vir breakfast en later bietjie weetbix as die honger kol nog nie verdwyn het nie.

ha ha ha ha 

Mmmmmm see kos ....ek gaan omtrent uitgehonger wees vir dit teen die tyd dit ons herdenking is.

LMGA
Potlood smiley met ekstra smile, driehoekie hartjie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking