Woensdag 13 Mei 2015

Net te, te laat...

Ek merk gister op dat Sarie 'n voorblad gesig kompitisie hardloop en ek dink bymyself dalk sal dit 'n goeie idee wees om in te skryf,

Sodat ek my besigheid my droom om fotograaf te word kan begin bewaarheid of sodat ek my eie kar kan koop wat ek elkgeval ook nodig het.


Ek blaai nogals gister deur van die inskrywings en kyk watse tipe gesigte daar is.....staan ek 'n kans moet ek dit waag?


Anyway ek laat val dit so in gesprek met manlief vanoggend toe ek hom goodbye soen en hy gee so effe laggie en sê nie in soveel woorde maar ek moet voortgaan.


Ek dink die heeltyd daaraan vandat ek opstaan maak seuntjie reg vir skool en net toe ek finally sit om dit te doen sê die webpage die inskrywings het gister gesluit.


Wat 'n hengse bummer!!!


Normaalweg sal ek so iets nou glad nie oorweeg het nie maar die prys wat jy wen is 'n goeie bedraggie en ek kon nogal doen met dit.


So my "fake" potlood hier op die laptop sal maar vir julle aanhou skryf tot ek werklik iets aan my "Fotograaf drome" al begin doen het.


Weer 'n fliek gekyk gisteraant wat my darem maar laat dink aan my eie lewe. 

'n ma wat kan sing en wat actually kan populêr wees maar wat gestrand sit by die huis op 'n verlate plek en haar man werk so sy kyk na die kids. 

Die fliek se naam is Goddess.....bekende gesig daarin is Ronan Keating (die sanger ja).


----- sulke tipe flieks laat mens dink en wonder wat jou eintlike "purpose" in die lewe is.


Potlood gesiggie met 'n strepie lip


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking