Dinsdag 12 Mei 2015

Downer of Inspirasie?

Oh my Word ek het sopas uitgevind hoe vrek baie mense blog. 

Ek het nog nie eens die hang of it gekry nie en dis supposed om my UITLATING te wees vir who knows everything.

So daar is cool mamma blogs op Sarie.com self en wordpress blogs en oral is net interessante leesgoed. 

Vir een of ander rede nog altyd glo ek dat ek eerder skryf as lees, mense en ek weet nie eers hoekom dit so is nie dit is net!

'n vriendin het al van my vorige skryfwerk basically evalueer soos 'n regte skool juffrou oor dit gekritiseer, en wel ek het probleme met grammer en met spelling en met taal so hoe sal ek nou vir Sarie 'n blog kan skryf.  Ek sien nogal hulle invite jou om jou idee van 'n blog vir hulle te stuur.

Ha ....as if I'm gonna do that.

So een ding wat ek definitief nie click nie is hoe lees jy net ander blogs op die blogger ding sonder om die actual URL thingy megic te moet intik. Dit is te ingewikkeld eks so old school en verstaan nie al die nuwe tegnologie ways nie.

Really !!!!

Ek moet sê ek is nogal trots op my paar posts tot nou toe, al was ek so ver die enigste een wat dit gelees het. 

Gedagte wat my nou byval : 'n gesprek met manlief gisteraant oor 'n werksaanbod wat ons eintlik al vergeet het van. Ek wonder net hoekom dit bly opkom....seker het die Here hier 'n doel.

Hoe weet mens egter ooit of jy die regte pad kies, die regte besluite neem. 

Okey laat ek die blog ding nog bietjie studeer 
Potlood smiley :-)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking